Die Woord vir Vandag

 

2022-03-01

Laat die krag binne jou vry

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Filippense 2:13 NLV

Die enjin in jou kar het 'n kragbron wat geaktiveer word wanneer jy die kar in rat sit. Eers dan het jy die momentum om te gaan waarheen jy nodig het om te gaan. Een van die gevare in jou soeke om deur die Heilige Gees vervul te word, is dat jy dit tot 'n 'ervaring' kan reduseer, eerder as om dit 'in rat te sit' om groot dinge vir God te bereik.

In die Nuwe Testament, wanneer iemand met die Heilige Gees vervul is - het dinge gebeur. Mense het na Christus toe gedraai. Genesing het plaasgeving. Op een geleentheid, het hulle boeke op die stadsplein verbrand (sien Handelinge 19:19). Hulle het dit nie net in die kerk gevier nie - hulle het dit strate toe geneem!

In die eerste beeld wat ons van God in die Skrif kry, is Hy in sy kreatiewe rol. Hy skep ons na sy beeld, blaas lewe in ons in en sê vir ons: 'Gaan uit en wees produktief' (sien Genesis 1:28). As jy bid vir iemand met al die antwoorde om op te daag en jou omstandighede te verander, sal dit nie gebeur nie. Jy is nie 'n hulpelose toeskouer nie. Wat God binne-in jou geplaas het, sal dit wat buite jou is verander - mits jy dit aan die werk sit!

Wat binne-in jou is, is groter as die moeilikheid waardeur jy gaan, die situasie waarin jy jouself bevind, of die struikelblokke wat oor jou pad lê. Wanneer alles rondom jou nee sê en iets binne-in jou sê ja, is dit 'God wat jou gewillig maak om te doen waarvan Hy hou.' Die 'gewillig' is jou deel - jy moet dit doen. As jy dit regkry, sal jou lewe verander.

Sielskos: Eks 10-12; Luk 12:22-34; Ps 66:1-12; Spr 6:20-22

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel