Die Woord vir Vandag

2022-03-02

Wat om te doen wanneer jy mismoedig voel (1)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Jakobus 5:17 NLV

Elia het so mismoedig geraak dat hy gereed was om dit alles te beëindig. Dit was op die hakke van sy grootste oorwinning. Hy het pas vuur uit die hemel op die Karmelberg neergeroep, toe hy van opgewondenheid tot uitputting gegaan het. Ons vergeet dat selfs wanneer ons suksesvol is en lief is vir dit wat ons doen, dit fisies, geestelik en emosioneel dreinerend kan wees. As jy dus 'n doelgedrewe mens sonder grense is, let op!

1) Uitputting het Elia perspektief laat verloor. Hy het pas 850 vals profete oorwin (sien 1 Konings 18:19), en nou moes hy vir Jesebel vlug. Wanneer moegheid instap, stap geloof uit! Dit verdraai ons denke en veroorsaak dat ons God se krag en beloftes miskyk. Geestelike uitputting tesame met fisiese moegheid, is 'n dodelike kombinasie wat hopeloosheid binne nooi en die illusie skep dat ons geen opsies het nie.

2) Vrees het veroorsaak dat Elia homself isoleer. Hy het sy dienskneg in Berseba agtergelaat, die woestyn binnegegaan en vir God gesê: '...Net ek alleen het oorgebly, en nou probeer hulle my ook doodmaak' (1 Konings 19:10 NLV). Op daardie oomblik was Elia in die slegste geselskap moontlik - sy eie! Wanneer jy mismoedig voel, is dit nie die tyd om jouself te isoleer nie. Dis dan wanneer dit nodig is om na God en die mense wat lief is vir jou, uit te reik.

Selfs Paulus het hulp nodig gehad. Hy het geskryf: 'Want toe ons in Masedonië aangekom het, het ons net nie tot rus gekom nie. Op elke moontlike manier is daar druk op ons uitgeoefen: van buite - aanvalle; van binne - vrese. God wat die vernederdes bystaan, het ons ook ondersteun deur die teenwoordigheid van Titus' (2 Korintiërs 7:5-6 NLV).

Wie moet jy dus skakel? Na wie moet jy uitreik? Moenie dit uitstel nie - reik uit na God!

Sielskos: Eks 13-15; Luk 12:35-48; Ps 66:13-20; Spr 6:23-25

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord



Current track

Title

Artist

Background