Die Woord vir Vandag

 

2022-08-07

Wanneer jy in die donker is (2)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Markus 6:48 NLV

'...Kort voor dagbreek die volgende oggend kom Jesus op die see na hulle toe aangeloop... Toe hulle Hom so op die see sien loop, het hulle... gedink dis 'n spook... Maar Jesus het hulle dadelik gerusgestel en gesê: 'Toemaar, moet julle nie ontstel nie. Dit is Ek.' Hy het toe by hulle in die boot geklim en die wind het gaan lê...' (verse 48-51 NLV).

Donkerte is nie altyd die werk van die Vyand nie, soms is dit een van God se beste onderrigmiddels. Jy leer die Here die beste ken deur saam met Hom deur die storms te gaan; deur die plek te bereik waar jy dink: 'As God my nie help nie, gaan ek sink.' Jesus het vir sy dissipels gesê: 'Wat Ek... in julle ore [fluister], basuin dit oor die dakke uit' (Matteus 10:27 NLV). Dis in jou donkerste oomblikke wat God vir jou sommige van jou grootste insigte gee. Die Psalmdigter het gesê: 'dan is die nag vir U nie so donker nie, maar is so helder soos dag...' (Psalm 139:12 NLV).

In plaas daarvan om vir jou probleme weg te hardloop, vra God om jou nagvisie te ontwikkel en jou '...skatte wat weggesteek is in die donker, rykdomme opgesluit in geheime plekke...' (Jesaja 45:3 NLV), te wys. Nog een gedagte: Wanneer die donkerte deur God beskik is, moenie jou eie lig probeer skep nie. 'Hy wat sonder enige lig in die donker loop, moet vertrou op die Naam van die Here, en staatmaak op sy God! Maar julle wat vure aansteek, wat brandende fakkels gereed kry... In smart sal julle gaan lê' (Jesaja 50:10-11 NLV). Wanneer jy as gevolg van Goddelike ingryping in die donker is, hoef jy nie bang te wees nie; God het beloof om jou daardeur te bring.

Sielskos: Pred 11:7-12:1; Ps 39:4-13; 2 Tim 4:6-8

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord



Current track

Title

Artist

Background