Die Woord vir Vandag

2020-09-28

Hoe om in geloof te wandel

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Romeine 4:12 AFR53

Die Bybel praat van diegene wat '...ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham...' Hoe wandel jy so? 1) Abraham het geglo in '...'n God wat dooies lewendig maak en deur sy roepstem dinge wat nog nie bestaan nie, aanspreek asof hulle reeds werklikheid is (vers 17 NLV). Wanneer God aan jou 'n belofte maak, het Hy die mag om dit 'n werklikheid te maak, selfs wanneer al die bewyse en omstandighede dit wat Hy gesê het, weerspreek. 2) 'Teen alle verwagting in het Abraham geglo dat hy nog die stamvader van baie volke sou word...' (vers 18 NLV). Toe daar geen rede meer was om te hoop nie, het Abraham steeds gehoop. Hoekom? Want sy hoop was in God! As jy vandag hooploos voel, dink aan hierdie woorde: 'Keer terug na die vesting toe, gevangenes vol hoop! Ek belowe dat Ek julle dubbel sal vergoed vir al julle swaarkry' (Sagaria 9:12 NLV). 3) "Teen alle verwagting in het Abraham geglo... op grond van God se belofte: 'Jou nageslag sal so baie wees soos die sterre aan die hemel'" (Romeine 4:18 NLV). Wanneer God 'n belofte maak, bevat dit reeds die krag om die belofte te vervul. 'Net so is dit met die woord wat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het' (Jesaja 55:11 NLV). 4) 'Abraham het nie getwyfel aan God se belofte nie; inteendeel, sy geloof het sterker geword...' (Romeine 4:20 NLV). Abraham het nie geweifel, geaarsel, innerlik met homself gestry of toegelaat dat ander mense se opinies hom be´nvloed nie. Hy het vasberade en standvastig gebly. Dís hoe jy in geloof wandel!

Sielskos: 1 Sam 1-3; Luk 23:50-56; Ps 68:1-11; Spr 22:1-2

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM