Die Woord vir Vandag

2020-10-28

Bid jou alfabet

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Filippense 4:6 NLV

Rachel en Jim het 'n kommersiële gebou besit, die helfte daarvan het Jim vir sy tandheelkundige praktyk gebruik. Vir vyftien jaar lank het hulle glad nie gesukkel om die ander helfte te verhuur nie, wat 'n ekstra inkomste was om hulle rekeninge te betaal. Toe hulle hul langtermyn huurder verloor het, het 'n eiendomsagent vir hulle gesê: 'Vergeet daarvan om vir 'n ruk die spasie te adverteer - niemand huur op die oomblik nie.'

Om van haar stres ontslae te raak, het Rachel rondtes by die plaaslike gimnasium begin swem. Eendag het sy baie angstig gevoel en besluit om te bid terwyl sy swem, terwyl sy die alfabet gebruik om telling van haar rondtes te hou. Sy het begin om God te beskryf, deur met die letter A te begin. 'U is 'n Almagtige God,' het sy gedurende die eerste rondte gebid. B. "'n Barmhartige God, 'n betroubare God," het sy tydens die volgende rondte gebid. Dan C: Dankie dat U Christus vir ons gestuur het.'Teen die tyd wat sy ses-en-twintig rondtes geswem het, was dit 'n uur later en was haar vrese weg. Sy het geweet dat God sou voorsien.

'n Kort rukkie later het 'n fisioterapeut gebel om uit te vra oor die spasie, nadat sy die 'Te Huur' bordjie in die venster gesien het. Dit was presies wat sy wou gehad het, dus het sy en haar vennoot die spasie gehuur. Rachel bid steeds terwyl sy rondtes swem. 'Ek het immers ontdek dat God se goedheid van A tot Z strek,' sê sy.

Bekommer jy jou vandag oor iets? Hier is 'n beter opsie: '...Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen... Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos 'n veiligheidswag oppas' (verse 6-7 NLV).

Sielskos: Sef 1-3; Joh 7:1-13; Ps 104:1-23; Spr 24:26-27

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord



Current track

Title

Artist

Background