2021-02-25

Hou 'n dinkskrum (2)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Spreuke 20:5 NLV

Die stigter van IBM, Thomas J. Watson, het gesê: 'Stel jou idees bloot aan die gevare van omstredenheid. Sê dit wat op jou hart is en vrees die etiket van 'eksentriekebid, malkop' minder as die stigma van konformiteit. Elke keer wat ons in IBM vooruit beweeg het, was dit as gevolg van iemand wat gewillig was om 'n kans te waag, sy kop op 'n blok te sit en iets nuuts te probeer.'

Baie van ons het goeie idees wat nooit êrens heen gaan nie. Uiteindelik moet jy jou lysie verminder na die idee wat die beste vir jou is. Dis nie maklik nie, maar dis nodig. Begin by voor die hand liggende idees wat nie kan werk nie as gevolg van die begroting, tydsberekening of 'n gebrek aan hulpbronne. Vervolgens, sit die idees wat goed is, maar nie jou spesifieke probleem oplos nie, eenkant. Tydsberekening is alles en sommige goeie idees is net hulle tyd vooruit. Hou dus 'n lêer met idees en kyk volgende jaar weer daarna.

Hier is egter 'n waarskuwing: Wanneer jou sirkel van raadgewers jou help om goeie idees te genereer, maar jou nooit dit sien uitvoer nie, sal hulle belangstelling verloor. Die Bybel sê: '...So is die geloof wat nie dade word nie, ook dood' (Jakobus 2:26 NLV). Verbind jouself dus tot 'n lewe van kreatiwiteit, oorspronklike denke en aksie!

As jy aanhou doen wat jy nog altyd gedoen het, sal jy aanhou kry wat jy nog altyd gekry het. Dink anders! Moenie jouself te ernstig opneem nie! As 'n idee nie uitwerk nie, moenie uitmekaar val nie. Merk dit van jou lysie af en beweeg na die volgende idee. Op 'n sekere stadium mag jy ontdek dat jou goeie idee - inderwaarheid 'n Godgegewe idee is. Wanneer dit gebeur, verander dit alles!

Sielskos: Gen 24:1-25:18; Matt 18:10-20; Ps 58; Spr 6:12-15

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM