Die Woord vir Vandag

2022-02-27

Benut elke geleentheid

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Efesiërs 5:16 NLV

Die lewe van John Wesley is 'n goeie voorbeeld van die Skriftuurlike beginsel om elke geleentheid te benut. Hy het gemiddeld drie preke per dag vir vier-en-vyftig jaar gepreek, 'n totaal van meer as 44,000 preke in sy leeftyd. Om dit te kon regkry, het hy met 'n perdekar meer as 200,000 myle gereis - omtrent 5,000 myl per jaar. Selfs vir 'n baie produktiewe mens sal dit soos 'n voltydse werk lyk.

Tog het Wesley ook tyd gemaak om te skryf en te redigeer. Sy gepubliseerde werke sluit vier volumes Bybelse kommentaar, vyf volumes oor natuurlike filosofie, vier volumes oor kerkgeskiedenis en 'n woordeboek vir die Engelse taal, in. Hy het ook geskiedenisboeke oor Engeland en Rome, taalkundige boeke oor Hebreeus, Latyn, Grieks, Frans en die Engelse tale; drie werke oor die mediese veld; ses volumes kerkmusiek; en sewe volumes preke geskryf; en hy het 'n biblioteek van vyftig volumes wat as die 'Christelike Biblioteek' bekend gestaan het, geredigeer. Hy het elke oggend vieruur opgestaan en eers tienuur die aand gaan slaap, en homself net kort tye vir maaltye gegun. Tog het hy verklaar: 'Ek het meer ure van ontspanning as enige ander man in Engeland.'

Ons dae is soos identiese tasse - almal dieselfde grootte. Sommige mense pak egter meer in hulle as ander. Hierdie is die doelgedrewe mense - anders as die man wie se grafsteen gelees het: 'Toe dit by afsterwe kom, het ek ontdek dat ek nie gelewe het nie.' Luister dus na hierdie Skrifgedeelte: 'Wees baie versigtig hoe julle lewe. Moenie soos 'n dwaas leef nie, leef wys! Benut elke geleentheid...' (verse 15-16 NLV).

Sielskos: Rut 1:3-18; Joh 6:41-69

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord



Current track

Title

Artist

Background