Die Woord vir Vandag

 

2022-08-05

Wanneer die lewe te moeilik voel

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Genesis 18:14 NLV

Baie van ons stres word deur ons behoefte om alles vooruit te weet - om in beheer te wees - veroorsaak. Selfs nadat ons gebid het en kwansuis die probleem aan God oorgegee het, lewe ons volgens die filosofie van: 'Hoop vir die beste en beplan vir die ergste!' Jy sit nie jou geld in die bank en lê dan heelnag wakker en bekommer jou daaroor nie, nie waar nie? Vertrou dan ten minste dieselfde op God! Wanneer jy jouself in die afwaartse spiraal van 'Hoe? Wat? Waar? Wanneer?' bevind, stop en gee dit aan God oor. Nie aan die beperkte God van jou begrip nie, maar aan die onbeperkte God wie se getrouheid nooit faal nie, en wat die reg verdien het om te vra: 'Is daar enigiets wat te moeilik is vir [My]?'

Jesus het nooit dieselfde vrees vir mislukking gehad nie. Hoekom nie? Omdat die gedagte dat Hy nie iets kan doen wat die Vader Hom verseker het Hy kan doen, nooit eers by Hom opgekom het nie. Hy het ook nie aan die vrees vir gebrek gely nie. Selfs al het Hy 'n eenvoudige lewe gelei, was Hy verantwoordelik om Homself en 'n span ander mense te onderhou. Hoe het hy dit gedoen? Die Bybel sê dat Hy oggend, middag en aand gebid het en konstant in kontak met sy hemelse Vader gebly het. Gevolglik het Hy geweet hoe om visse wat nie byt nie te vang en selfs belastinggeld in 'n vis se mond te kry toe Hy dit nodig gehad het.

God mag nou wel dalk nie vir jou op presies dieselfde manier voorsien nie, maar Hy het beloof om vir jou te sorg. Hier is 'n belofte waarvolgens jy vandag moet leef: 'Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om' (1 Petrus 5:7 NLV).

Sielskos: Deut 8-10; Mark 2:13-22; Ps 78:56-64; Spr 16:33

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord



Current track

Title

Artist

Background