Die MOS Wêreldwyd

Written by on 5 May 2021

Gewild
5.001
Die MOS Inisiatief
Kontakbesonderhede
Ligging
Breedvoerige Besonderhede

Wie is ons

Die MOS Inisiatief is ’n privaat maatskappy wat deur die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO) gestig is met die doel om ’n Afrikaanse skolenetwerk daar te stel om uitmuntende onderrig in Afrikaans te verseker en uit te bou.

Die naam Die MOS Inisiatief verwys na die Moedertaal in Onafhanklike Skole-beweging. MOS verwys ook na die mosplantjie wat orals groei en met min vogtigheid floreer. Natuurlik vorm MOS ook ’n integrale deel van die wynmaakproses – wat een van Suid-Afrika se trotse uitvoerprodukte is. Benewens hierdie simboliek, word die naam MOS ook lekker geassosieer met die unieke Afrikaanse woordjie “mos”. Soos in: Dis mos slim!

MOS Wêreldwyd

Ons wil graag aan ouers ‘n heenkome bied wat relevante en wêreldklas-onderwys vir hulle kinders soek. Ons is vertroud met die nuutste navorsing oor hoe leer eintlik werk en hoe die brein wil leer. Kinders het toekomsgerigte vaardighede nodig om in die werkplek suksesvol te wees. 

By MOS Wêreldwyd gaan ons jou kind se belangstelling prikkel en nuuskierig maak om ten volle betrokke te wees by dit wat hulle graag wil en moet leer. MOS Wêreldwyd het die KABV verpak in die MOS-leerstelsel wat leer opwindend en vars maak – niks hou jou kind terug nie en dis selfs moontlik om vooruit te werk met die ondersteuning van die aanlyn-onderwysers/vakkundiges. Ons unieke benadering tot leer gaan jou kind se vermoë ontwikkel om verantwoordelikheid te neem vir sy/haar leerproses.

 

 

 

 


Lees verder

Previous post

Virseker


Thumbnail
Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM