Pretoria Boeremark

Written by on 19 Apr 2021

0.000
Contact Information
665 Moreleta Street, Silverton , Pretoria, Gauteng 0184
Business Hours
Monday
Closed
Tuesday
Closed
Wednesday
Closed
Thursday
Closed
Friday
Closed
Saturday
05:30 - 09:30
Sunday
Closed
Detailed Information

Die beste plek om te wees om die son te sien op kom

TLU SA het 1992 baanbrekerswerk gedoen met die vestiging van ‘n Boeremarkkonsep wat landswyd in verskillende vorms toegepas word. Die konsep berus op ‘n verkorting in die prysketting tussen die produsent en die verbruiker, wat tot beide partye se voordeel strek. Die Boeremark word reeds vir agt-en-twintig jaar suksesvol aangebied. Duisende verbruikers stroom Saterdagoggende na die mark om plaasprodukte by die produsente te koop.

Wanneer die meeste mense nog slaap op `n Saterdagoggend is die Boeremarkterrein reeds `n miernes van bedrywighede waar uitstallers hulle stalletjies opstel en opvul met vars groente, vrugte, vleis, gebak en mooi handwerk items. Doen jouself gerus die guns om net een Saterdag vroeg uit die vere te klim en te kom kuier by die Boeremark, jy gaan verseker dit weer met `n opgewondenheid wil doen! Dit is die beste plek om te wees om die son te sien op kom.

 

 


Lees verder

Next post

Virseker


Thumbnail
Previous post

LekkeSlaap


Thumbnail
Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM