Happy People & Radiokansel Aanlyn Kunsveiling

Written by on 6 Nov 2020

Happy People werk saam met Radiokansel en verskeie ervare kunstenaars, van regoor die wêreld, om hul produkte tydens ‘n aanlyn kunsveiling ten toon te stel. Die opbrengs gaan aan die fondsinsamelingsinisiatief, Happy People, Taking Smiles to Schools! Hierdie inisiatief het ten doel om die welstand van ons skoolomgewing, vir beide leerders en opvoeders, te verbeter deur middel van prettige emosionele intelligensie opleiding en ‘n loopbaan-uitstalling.

Meer oor Happy People

Happy People is ‘n organisasie wat inspirerende vermaak deur middel van multi-dissiplinêre kunsvorme, sport en EQ-opleiding (emosionele intelligensie) bied. Hulle visie is om ‘n meer positiewe, inspirerende en opbouende gees aan almal, veral die jeug, te bring. Portia Motale is die stigterslid van Happy People. Sy het meer as 15 jaar ervaring in bemarking, kommunikasie, advertering, grafiese ontwerp, produksie en projekbestuur.

Portia Motale Happy People Founder

Ten eerste glo ek dat wanneer jy op elke terrein en aspek van jou lewe suksesvol is, jy onvermydelik ‘n GELUKKIGE persoon word. Ons is almal besig om die innerlike leemte met vreugde te vul, wat slegs moontlik is wanneer jy jouself waarlik ken, waarom jy gebore is, jou doel in die lewe en deur ‘n persoonlike verhouding met die skepper, die almagtige God, wat ons lei en liefhet.

Toe Happy People in 2005 begin het, was dit vir my soos ‘n ‘gloeilamp-oomblik’, want dit het my laat besef hoeveel stres meeste mense ervaar, in ‘n wedloop, besig om dinge na te jaag, hard te werk en die daaglikse lewensdruk te ervaar, maar steeds nie vervul word nie. Dus, het ek gedink Happy People-geleenthede kan ‘n ontvlugting van die daaglikse lewensdruk bied.”

Portia Motale

Hierdie Johannesburgse onderneming, het die afgelope paar jaar suksesvolle jeugaktiwiteite ontwikkel om maatskaplike kwale soos dwelmmisbruik, groepsdruk en tienerswangerskap te help bestry, en terselfdetyd het hulle rou talent ontdek, gekoester en bekendgestel. Dit lok ‘n gehoor van alle ouderdomsgroepe oor alle rasse.

Indien jy belang stel om deel te wees van die uitstalling en as jy solank jou plek wil bespreek om kunswerkte te koop kan jy hierdie vorm vinnig in vul.

Meer oor die Happy People Radiokansel aanlyn kunsveiling

Happy People sal vanaf 30 November tot 13 Desember 2020 kunswerke vertoon. Die opbrengste sal gelyk tussen die kunstenaars en die NPO verdeel word. ‘n Persentasie sal ook aan Radiokansel gaan met die doel om die Woord van God na elke huishouding in Suid-Afrika, en verder, te versprei.

Die tema van die kunswerke sluit aan by die mandaat van die organisasie, naamlik om positiewe (glimlagte, vrede, liefde, geluk) aangename, opbouende en inspirerende geleenthede, van hoogstaande gehalte, aan te bied wat as ‘n ontvlugting van ons daaglikse druk dien.

Radiokansel sal die Happy People aanlyn kunsveiling dek, met agtergrond oor die opkomende kunstenaars sowel as nuus oor die geleentheid.

Maak seker jy skakel daagliks in op 657AM. Jy kan ook via DStv oudio-kanaal 882 en Open View kanaal 607 luister. Daar is ook ons gratis slimfoon toepassing vir Android en iPhones, of jy kan regstreek via ons webtuiste luister. Ons sal ook nuus op ons Facebook, Instagram en Twitter deel.

Maak seker jy ‘Like’ die Happy People Facebook blad.

Kontak Happy People deur ‘n e-pos na info@happypeople.co.za te stuur of WhatsApp hulle by 072 449 1736 om jou virtuele sitplek te bespreek. Jy kan ook ‘n SMS met die woord ‘HAPPY’ na 37871 stuur vir meer inligting. Standaard tariewe geld.

Hou ons webtuiste en sosiale media platforms dop vir meer nuus oor hierdie wonderlike geleentheid.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM