Jongmense wat werk om ander jongmense te help

I Am Youth is ‘n span talentvolle individue wat vol ywer vir die Here is en passievol om ander jongmense te besiel om ‘n betekenisvolle en doelgerigte lewe te lei.

Hulle doen dit deur I AM-webradio (Radiokansel 657AM, Vrydae 18:00-20:00), asook sosiale media platforms soos Facebook, Instagram, Tik Tok en ander platforms wat gewild is by vandag se jeug.

Vandag se wêreld is vir baie jongmense chaoties en verwarrend met baie misleidende en gevaarlike afleidings. Die I AM-span werk hard om inhoud te vervaardig wat kwessies sal hanteer wat millenniërs en Gen Z’s raak.

Een van hulle belangrikste take is om deur sosiale media en WhatsApp (slegs teks) maklik bereikbare toegang tot berading te bied wanneer ‘n jong persoon sukkel met depressie, angs, eensaamheid, moeilike vrae en ander kwessies.

As ‘n Radiokansel-ondersteuner is jy waarskynlik ‘n volwassene wat ons kommer oor die volgende geslag deel. Daarom bedank ons jou vir jou omgee-donasies wat ons help om voort te gaan om na ons nasie se jongmense uit te reik.

Mag jou skenking volop vrug dra. En as jy weet van jongmense wat antwoorde soek, verwys hulle na:



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM