Happy People & die geskenk wat aanhou gee

Written by on 12 Nov 2020

Dit is amper tyd om kersinkopies te doen en watter beter geleentheid om jou geld te spandeer deur ‘n geliefde met ‘n unieke en betekenisvolle geskenk te verras – ‘n geskenk wat aanhou gee, mense gelukkig sal maak en help om ‘n beter toekoms te bou.

Die Happy People & Radiokansel aanlyn kunsveiling is die perfekte geleentheid om nie net die lewens van baie jong Suid-Afrikaners te verbeter nie, maar ook om kunstenaars te ondersteun in ‘n tyd waarin die meeste sukkel om as gevolg van die COVID-19-pandemie finansieel te oorleef.

Die kunswerke wat uitgestal word, is pragtige werke van ‘n wye spektrum kunstenaars (meer inligting oor hulle sal binnekort te volg), maar die kern van hierdie inisiatief gaan oor die belegging in die toekoms van ons kinders.

Die opbrengste gaan aan die fondsinsamelingsinisiatief, Happy People, Taking Smiles to Schools! Hierdie inisiatief het ten doel om die welstand van ons skoolomgewing, vir beide leerders en opvoeders, te verbeter deur middel van prettige emosionele intelligensie opleiding en ‘n loopbaan-uitstalling. Die geleentheid begin op 4 Maart 2021.

Die oorsaak is in die lig van die sosiale kwale wat ons deur die jare in die gesig gestaar het; spesifiek die vlaag geweld wat verband hou met die afknouery in skole, en nou verder deur die impak van Covid-19 beïnvloed is.

Happy People begin tans met ‘n uitreikprogram wat daarop gemik is om die welstand van die skoolomgewing te verbeter deur skole te help om leerders en opvoeders gelukkiger en meer vreedsaam te maak deur middel van ‘n uitreikprogram getiteld Happy People, Taking Smiles to Schools.

Portia Motale: Stigter Happy People

Meer oor Happy People, Taking Smiles to Schools

Die Happy People, Taking Smiles to Schools program sal in ‘Happy People-styl’ uitgevoer word – deur middel van prettige EQ-opleiding (emosionele intelligensie), resultate wys dat dit een van die beste maniere is om hierdie pyne aan te spreek, aangesien dit opvoeders en leerlinge in staat stel om effektief te funksioneer.

Die opleiding behels gewoonlik ‘n unieke onderrigkomponent, van Hip-Hop-dansstyle, musiek, teater, pret en speletjies, sowel as aktiwiteite wat sosiale kohesie bevorder, soos die gelukkigste glimlag-uitdaging / kompetisie wat dit meer pret vir die jeug maak.

Behalwe vir die opleiding, bied Happy People en Radiokansel ‘n opwindende loopbaan-uistalling aan, wat ‘n groot verskeindenheid sektore verteenwoordig – van ingenieurswese, landbou, energie, vermaak, finansies, gesondheid tot tegniese robotika. Dit strek oor drie dae per plek en sal regoor die land plaasvind. Dit begin in Gauteng en sal dan na ander dele van die land beweeg. Terwyl die COVID-19 veiligheidsregulasies in ag geneem word, neem nie meer as 250 deelnemers per sessie deel nie. Bewustheid van COVID-19 sal ook as deel van die program uitgelig word.

Sou jy in die toekoms wil deelneem, kontak Happy People by:

Meer inligting volg binnekort oor die kunstenaars, hul werk en hoe die aanlynveiling sal werk. Vir nou kan jy jou sitplek hier bespreek https://qoo.ly/393f3g


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM