Bonolo Nkosi


Bonolo Nkosi shows

Heart to Heart

vermaaklik en insiggewend

heart to heart Radiokansel

The Ultimate Lifestyle Guide

Bewerkstellig die leefstyl wat God vir jou beplan het

Ultimate Lifestyle Guide Radiokansel

Bonolo Nkosi is vir die afgelope 10 jaar deel van die Radiokansel 657AM familie as aanbieder.

Sy glo dit is nie net radio soos ons dit ken nie, maar ‘n platform wat ‘n groot impak op die lewens van sy luisteraars maak.

Dit is lewensveranderende radio.

Meer oor Bonolo

Sy is ‘n uitgesproke kind van God wat die lewe liefhet, flieks kyk, lees en legkaarte, van nie minder nie as 1 000 stukke, bou. Vir Bonolo is familie uiters belangrik en naby aan haar hart.

Sy vind vreugde om ander te help en betrokke te raak by betekenisvolle gesprekke. Sy is ‘n natuurlike bemoediger en het ten doel om God in elke aspek van haar lewe in te sluit. “Ek weet dat my lewe beter is met God daarin,” sê sy. Bonolo is ook vrou van ‘n wonderlike man, ‘n ma vir twee pragtige dogters en het ‘n groot uitgebreide familie wat baie liefdevol is.

Bonolo Nkosi Radiokansel 657AM

Sy beskryf haar reis na radio-uitsaaiwese as suiwer toevallig. Sy was destyds by televisieproduksie betrokke toe sy gevra is om radio ‘n proeflopie te gee. Dit het op die ontbytprogram begin om te sien of sy het wat dit verg om ‘n radio-aanbieder te wees.

Ek kon óf sink óf swem, en ek het eerder gekies om te swem! Ek hou van elke oomblik daarvan en die res, soos hulle sê, is geskiedenis.

Sy het ‘n Baccalaureus in Sielkunde aan die Universiteit van Johannesburg en het ook as ‘n Produksiebestuurder en Televisievervaardiger by verskeie organisasies gewerk.

Bonolo Nkosi is ‘n aanbieder van verskei programme op Radiokansel 657AM. Skakel in saam met haar vir Heart to Heart (‘n tydskrifvertoning) tussen 12:00 en 15:00 en Saterdag van 16:00 tot 19:00 vir The Ultimate Lifestyle Guide.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM