Charl du Toit


Charl du Toit shows

I Am Live

Die jeug program met antwoorde vir almal

I Am Live Radiokansel

Charl du Toit is mede-aanbieder van die program I Am Live op Radiokansel asook ‘n gekwalifiseerde klankingenieur. Hy het ‘n passie vir die Woord van God en die jeug.

Hy is gebore en getoë in Pretoria en het aan die Hoërskool Oos-Moot gematrikuleer. Charl is met Zuleika getroud. Sy deel sy passie vir God en het as die administrateur by ‘n plaaslike gemeente gedien. Hulle is met twee seuns geseën.

Charl is lief vir die Woord van God en noem homself ‘n ewige student van die Bybel.

Ek sal nooit ophou om dit te lees en bestudeer nie.

Hy glo dat die Bybel ‘n antwoord het op al ons vrae. Hy hou ook daarvan om met mense te gesels wat nie noodwendig sy standpunt deel nie.

Dit help ons om ‘n gesprek oor God te hê oor hoe Hy die enigste logiese weg is.

Hy het onlangs aan die South African Theological Seminary gegradueer.

Charl du Toit – Radiokansel

Charl het sy reis met radio as produksie-kontrolleerder begin. Dit het nie lank gevat vir die sogenaamde radio-gogga om te byt nie en het hy graag elke geleentheid aangegryp wat hy as aanbieder kon kry. Charl het meer as tien jaar as radio argivis by Radiokansel gedien en het onlangs, saam met sy vrou, ‘n kerk in die Wes-Kaap geplant.

Een van Charl se gunsteling skrifte is Johannes 14:6:

Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur my nie.

Charl wil die feit illustreer dat alles in die lewe op Christus wys. Hy fokus sy bediening graag op jong mense omdat hulle wilskrag het.

Hulle staan nie terug vir enige iets nie en hulle staan op vir dit waarin hulle glo.

Hy hoop om deur gesprekke met die jeug ‘n impak op hulle te maak. Hy wil nie net van een kant af met hulle praat nie.

Ek streef altyd daarna om ‘n dialoog met die luisteraar te hê.

Skakel in vir I Am Live elke Vrydag tussen 18:00-20:00. Luister ook na die program op die I AM Youth Movement se web radio stasie.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM