Corrie van Wyk


Corrie van Wyk shows

Nightwatchers

God is beide ons Geneser en Metgesel

Nightwatchers Radiokansel 657AM

Corrie van Wyk is die aanbieder van Middernaglig / Nightwatchers op Radiokansel.

Hy is ‘n baie “jong” 76-jarige afgetrede AGS-pastoor en is al vir die afgelope 56 jaar met Ansie getroud en die trotse oupa van drie pragtige kleindogters. Corrie is in 1944 in Nelspruit, Mpumalanga gebore en die derde oudste van ses kinders.

Corrie van Wyk – Radiokansel

Corrie het sy loopbaan by Barclays Bank begin. Nadat hy opleiding in die polisiediens ontvang het, het hy ‘n speurder geword. Corrie het nog ‘n paar jaar in die bankbedryf deurgebring voordat die Here hom geroep het. Hy het sy teologiese studies voltooi en in 1970 voltyds in die bediening begin werk.

Die Here het gedurende 1996 ‘n deur vir ‘n nuwe seisoen in sy lewe oopgemaak, Die van radio-uitsendings en so het hy by Radiokansel aangesluit.

Dit is ‘n wonderlike geseënde kwarteeu.

Sy roeping en doel in die lewe is om die Evangelie van Jesus Christus te verkondig. Hetsy agter ‘n kansel of mikrofoon. Hy poog om volgens die beginsels in die Woord te leef en wil luisteraars aanmoedig om dieselfde te doen.

Ek wil ‘n impak maak deur my persoonlike ervarings van geloof en getuienisse te deel.

Skakel in vir Middernaglig en Nightwatchers saam met Pastoor Corrie van Wyk op Radiokansel 657AM.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM