Dr Bill Price


Dr Bill Price shows

Coaching Moment with Dr Bill Price

'n meer doelgerigte en betekenisvolle lewe

Coaching Moment Bill Radiokansel

Dr Bill Price is jou aanbieder tydens Coaching Moment op Radiokansel 657AM.

Hy praktiseer as ‘n neurowetenskaplike en help ook uitvoerende hoofde, direkteure, entrepreneurs, leiers en bestuurders om in hul onderskeie invloedsfere te groei. Die sektore waarby hy betrokke is sluit, onder andere, die volgende in: gemeenskapsorganisasies, opvoedkundige instellings, die regering en geestelike organisasies. Dit is sy doel om persoonlike potensiaal te bevorder deur die ontwikkeling van realiteitsgebaseerde strategieë. Bill wil mense se talente en vaardighede opskerp om hulle sodoende tot hul volle potensiaal te lei.

Ek glo dat almal, insluitend organisasies, ‘n piek het, ‘n droom wat hulle in hul leeftyd wil bereik. Hul kapasiteit, bevoegdheid en doel moet onthul word om sodoende hul volle potensiaal te bereik. Om drome waar te maak, moet jy bewus van jou doelwitte wees en paraat bly. Jy het ‘n gids nodig om jou te help om jou bergpieke te bereik.

Dr Bill Price bespreek onderwerpe wat persoonlike groei aanhelp op sy program op Radiokansel. Hy bied ook gevorderde besigheidsafrigting aan as deel van die program.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM