Líomee Vosloo

Líomee Vosloo is die aanbieder van Leef sowel as die mede-aanbieder van Get Up & Go saam met Brad Kirsten. Sy is sedert 2019 deel van die Radio Kaapse Kansel span.

Sy is ‘n gekwalifiseerde joernalis, prediker en kommunikasiespesialis met byna 10 jaar ervaring in die mediabedryf. Sy is ook die stigter en projekbestuurder van die Afrikaanse webreeks genaamd @niePlastiek, wat duisende jongmense met die evangelie van Jesus Christus bereik.

Haar sendinghart het haar twee jaar lank by ‘n nasionale radiostasie in Zambië laat werk. Sy skryf tans ook vir die tydskrif Finesse en ander Carpe Diem Media publikasies. Sy is ‘n jong ma vir ‘n seun (Josiah) en ‘n vrou vir haar hoërskoolliefde – Marius.

Luister na Líomee op Leef en Get Up & Go.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM