Mark Penrith


Mark Penrith shows

Table Talk with Mark Penrith

Hoe geloof en kultuur mekaar ontmoet

Mark Penrith Table Talk

Mark Penrith het in Port Elizabeth, in ‘n godvresende huis, grootgeword. Omdat hy niks met die kerk te doen wou hê nie en in opstand gekom het teen ouerlike gesag, verhuis hy na Johannesburg om ‘n loopbaan in IT te begin.

Sy vriendin het hom na Gauteng gevolg. Omdat sy Afrikaans was, wou sy graag op Sondae kerk toe gaan. 14 weke, en 14 kerke later, wou sy amper moed opgegee. Mark het eintlik gesê: “Ek is klaar, ek gaan nie kerk toe en ‘n huigelaar soos almal in die gebou wees nie.”

As laaste poging het Liezl voorgestel dat hulle ‘n klein trans-denominale kerk bywoon, in dieselfde straat van waar hulle gebly het. Daardie oggend hoor Mark en Liezl die Woord van God, hulle hoor hoe die waarheid aan hulle verkondig word. Hulle is daardie dag met hul sondige lewe en desperate behoefte aan ‘n redder gekonfronteer. Mark se ma het die Evangelie van jongs af aan hom voorgehou. Hy het geweet dat Jesus in sy plek as plaasvervanger gesterf het. Hy het geweet dat Jesus uit die graf opgestaan het en dat hy gelewe het. Hy het geweet dat alle mense tot berou moes kom vir die vergewing van sondes. Mark en Liezl het daardie dag hul geloof in Jesus Christus geplaas.

En so begin ‘n proses van lewensverandering. Binne enkele maande is Mark en Liezl getroud. Binne enkele jare het hulle by hul plaaslike kerk begin dien. Na ‘n dekade is Mark as ‘n ouderling erken. Later is hy as sendeling na die Crystal Park Baptistekerk Benoni gestuur om die werk daar voort te sit. 10 jaar later is die Crystal Park Baptistekerk Benoni ‘n vooruitstrewende kerk aan die Oos-rand van Benoni en Mark dien steeds daar as senior leraar.

Mark se langtermynvriendskap met Tyrell Haag het beteken dat hy ‘n gereelde gas op die Radiokansel program Table Talk with Tyrell was. Hy is genader om die program vanaf 2021 by Tyrell oor te neem.

Op Table Talk sal ons voortgaan om verskillende gaste te nooi en ‘n verskeidenheid Bybelse onderwerpe te bespreek.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM