Mpho Mokou


Mpho Mokou shows

Spectrum with Mpho

Jou wêreld nuus met 'n Bybelse perspektief

Spectrum Mpho Radiokansel 657AM

Mpho Mokou is nie net ‘n besonder talentvolle Radiokansel aanbieder nie, maar ook skrywer, MC en filantroop.

Sy is ‘n pragtige vrou van God, ‘n liefhebber van musiek en mense. Sy is ook ‘n vrou, en ma, en verheug haar daarin om aan die gemeenskap terug te gee.

Mpho het joernalistiek aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie studeer. Sy is ook ‘n teologie-gegradueerde en het by Team Impact asook Touch the Nations Ministries Apostolic Bible School studeer. Mpho het die Here lief en bedien luisteraars via radio. Sy glo dat haar doel in die lewe is om nasies aan te moedig en mense hoop te gee. In 2016 trou sy met Ephraim Mokou, ‘n Verkoopsuitvoerende Beampte by Radiokansel. Hulle is met pragtige kinders geseën.

Mpho het in 2006 by die Radiokansel familie aangesluit. “Ek het eers as produksiesekretaresse vir Gospel Gold, ‘n televisieprogram wat Kansel Media vir die SAUK vervaardig het, gewerk”, vertel Mpho oor haar pad om by die Radiokansel familie aan te sluit.

Haar eerste boek, Let Your Light Shine, A Women’s Daily Devotional sal binnekort gepubliseer word. Sy het ‘n hart en roeping om ook vroue te bedien. Haar boek is juis daarop gefokus om vandag se vrou te bemoedig. In die boek skryf sy meestal oor haar lewenservarings met die hoop dat vroue met haar kan identifiseer. Deur die boek, soos met haar radioprogram, beoog sy om vroue aan te moedig en hoop te gee.

Sy is ook die stigter van Glow Ministries, waar sy vroue bemagtiging sessies aanbied.

Ons praat, bid, huil en aanbid saam.

Jy word hartlik uitgenooi om in te skakel saam met Mpho Mokou as aanbieder op Radiokansel en Radio Kaapse Kansel vir Spectrum.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM