Murray en Christine Louw


Murray en Christine Louw shows

So Stuur Ek Julle

Word gemobiliseer vir sending!

stuur ek julle Radiokansel

Murray en Christine Louw is sendelinge met ‘n passie om alle nasies as dissipels van Christus te sien. Hulle bied saam die program So Stuur Ek Julle op Radiokansel aan.

Christine se man, Murray Louw, is the anker-aanbieder van hul program So Stuur Ek Julle. Sy het in ‘n pastorie grootgeword en haar pa het haar na die Here gelei toe sy ‘n skamele sewe jaar oud was. Christine en Murray mobiliseer sendilinge en sendingwerk. Christine het al byna sestig lande van die wêreld besoek.

Hulle het ses kinders gehad, maar drie van hulle kinders is oorlede. Drie is getroud en hulle het ses kleinkinders.

Ons het ‘n skat in die hemel deur ons drie kinders wat ons vooruit gegaan het, die heerlikheid in.

Christine en Murray het in 1980 by die Suid-Afrikaanse Aksie vir Wêreldevangelisasie (SAAWE) aangesluit. Hulle het hulself voltyds beskikbaar gemaak vir wêreldwye sendingwerk. Die egpaar dien al vir meer as veertig jaar die organisasie se visie saam.

Murray en Christine Louw – Radiokansel

Dr Chris Steyn, Christine en Murray se kollega, het in die vroeë tagtigs die Here vir ‘n gereelde radioprogram gevra. Hy wou sendingwerk daardeur bevorder. Kort daarna nooi Radiokansel se Dr Nic Grobler hulle om ‘n radioprogram met die naam “Gaan Dan Heen” te begin. Hulle het die naam later verander na “So Stuur Ek Julle”. Die sendingpaar het ‘n paar jaar gelede Dr Johan Louw as mede-aanbieder uitgenooi.

Christine hoop sy maak ‘n impak op luisteraars deur hulle aan te moedig om as vennote die Groot Opdrag van Matteus 28 :16-20 uit te voer. Op ‘n berg in Galilea roep Jesus sy volgelinge om dissipels van al die nasies te maak, hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees te doop en hulle te leer om alles te onderhou wat Hy die oorspronlike twaalf beveel het.

Murray is sedert die vroeë tagtigs ‘n geliefde stem op radio.

Ek het die vreugde om weekliks op Radiokansel te wees en ook die wêreld te deurreis.

Dis vir hom wonderlik as mense uit alle lewensterreine, en van enige agtergrond, die Here Jesus begin volg en groei namate hulle Sy Lering in die praktyk toepas.

 



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM