Pastoor Matt Viljoen


Pastoor Matt Viljoen shows

Matt Viljoen is ‘n leraar van die Woord van God en die pastoor van Pretoria Christen Gemeente. Hy beskryf hulle as as ‘n klein Baptiste-agtige gemeente in die ooste van die administratiewe hoofstad van Suid-Afrika. Matt is ook mede-aanbieder van die program Skriftuurlik wat elke Dinsdagoggend om 11:00 op Radiokansel uitgesaai word.

Matt Viljoen – Agtergrond

Hy is in Pretoria gebore en het in Mpumalanga grootgeword. Nadat hy in 1982 gematrikuleer het, studeer hy Veeartsenykunde aan Onderstepoort. Vanaf 1989 tot 2014 praktiseer hy as veearts. Matt is al amper 33 jaar met sy vrou, Tina, getroud. Hy het haar op ‘n blinde-afspraak ontmoet en twee jaar later is hulle getroud. Hulle het twee getroude dogters en is met agt kleinkinders geseën.

In 1996 verhuis Matt saam met sy gesin na Kent in Engeland. Hy het byna agt jaar daar by ‘n klein dierepraktyk gewerk. Hy was ook ‘n ouderling en prediker in hul plaaslike gemeente. Hulle het in 2003 na Kalifornië in die Verenigde State verhuis. In 2007 behaal hy sy meestersgraad in teologie aan die Master’s Seminary naby Los Angeles. Oktober dieselfde jaar verhuis die gesin terug na Suid-Afrika. En April 2008 vestig Matt sy eerste kerk in Midrand.

In Februarie 2019 word hy deur die gemeente gestuur om ‘n ander kerk in die ooste van Pretoria te vestig, waar hy tans die predikant is.

Matt Viljoen – Radiokansel

Sy eerste interaksie met Radiokansel was in Januarie 2017. “Ek het vir Pastoor Tyrell Haag ingestaan tydens Life with Bonolo. Dit het vyf keer herhaal, waarna Skriftuurlik deur Wynand Rossouw geskep is,” verduidelik hy. Die program word sedert September 2017 uitgesaai.

Die pastoor glo dat sy doel in die lewe is om die betekenis van die Skrif aan die mense wat vrae oor die interpretasie daarvan het, te verduidelik. Hy wil luisteraars help om te verstaan wat elke teksgedeelte beteken soos God dit bedoel het, in vergelyking met ander dele van die Skrif – dit word die analogie van die Skrif genoem.

 



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM