Vusi Leeuw


Vusi Leeuw shows

25th Café

Toegerus vir die lewe

25th Café Radiokansel 657AM

Vusi Leeuw is mede-aanbieder van die program 25th Café op Radiokansel 657AM. Hy is ‘n veelsydige jong leier en is passievol oor jeugbemagtiging. Hy het ook uitnemende vaardighede in klankingenieurswese en radio-aanbieding.

Vusie Leeuw – Agtergrond

Hy is gebore en getoë in Welkom in die Vrystaat. Hy glo dat hierdie stad met sy uiteenlopende bevolking hom geleer het om diversiteit te waardeer. Hier het hy geleer om met mense uit alle samelewings kontak te maak. Vusi praat verskeie tale; Sesotho, Xhosa, Zoeloe, Afrikaans en Engels. Hy verstaan ook onder andere Ndebele en Tsonga.

Hy is gelukkig getroud met sy vrou Botle. Die sielsgenote ken mekaar reeds van hul jongdae af waar hulle saam in Welkom grootgeword het. Hul liefdesverhaal het begin toe Botle ‘n paar jaar gelede ook na Gauteng verhuis het. “Sy is ‘n baie intelligente, liefdevolle, sterk, veerkragtige en talentvolle dame,” sê Vusi oor sy vrou saam met wie hy al meer as ‘n dekade in jeug bediening dien.

Vusi Leeuw – Loopbaan

Sy belangstelling in die mediabedryf het meer as 15 jaar gelede begin toe hy die behoefte aan uitstekende mediaproduksies in die Kerk van God geïdentifiseer het. Sy visie is om hierdie leemte te help vul en uitnemendheid te bewerkstellig. “Ek het vroeër die verskil tussen die kwaliteit van die hoofstroommedia en hoe die kerk dinge doen gesien. Waarom moet die aanbieding van die Koninkryk onder standaard wees,” verduidelik hy.

In 2008 voltooi hy sy studies aan Damelin College waar hy klankingenieurswese studeer het. Dit was ook die jaar toe hy agter die skerms as produksie-kontroleerder by Radiokansel begin het. Hy het later na radio beweeg waar hy ‘Y-Connection’, die jeugprogram op Radiokansel, aangebied het. Hy bied tans ‘n program aan met die naam 25th Café en is ook ‘n ondersteuningstegnikus by die stasie. Die program word ook op I AM Youth web radio uitgesaai.

Vusi glo dat ‘n mens jou lewe moet laat tel waar jy ook al is. Hy glo sy doel is om ‘n katalisator vir positiewe en goddelike verandering te wees. Deur die programme wat hy aanbied en produseer, hoop hy om ‘n verskeidenheid van opbouende, toerusbare en inspirerende inhoud vir die holistiese groei van elke luisteraar te lewer.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM