Wanda Bam


Wanda Bam shows

Wanda Bam is nie net ‘n uitsonderlike aanbieder op beide Radiokansel 657AM en Radio Kaapse Kansel nie, maar sy is ook ‘n programbestuurder vir 729AM. Sy is ‘n steunpilaar, en haar ervaring binne die Kansel Media Groep is van uitsonderlike waarde.

Haar ervaring in die radiobedryf strek oor 22 jaar, sy is ook ‘n bekwame openbare spreker, skrywer en kunstenaar. Wanda bedien plaaslik sowel as internasionaal, insluitend in lande soos België, Frankryk, Engeland, Duitsland, Switserland en Israel.

Wanda is gelukkig getroud met Mark en het twee dogters Melissa en Melinda, albei gelukkig getroud. Sy is ook die trotse ouma, en sê haar familie is haar diepste vreugde.

Op sewejarige ouderdom het Wanda ook haar loopbaan as talentvolle sanger begin. Sy het talle toekennings in kompetisies soos Debuut en Crescendo gewen. Wanda het onder andere saam met Laurika Rauch, Annelie van Rooyen en Christa Steyn aan musiekproduksies gewerk.

Wanda is ‘n gepubliseerde skrywer van drie boeke en mede-outeur van 16 publikasies. Met haar program, LEEF, neem sy luisteraars op ‘n reis van vreugde, feesviering, swaarkry en oorwinnings. Dit word gedoen deur relevante, opvoedkundige, maar ook allerdaagse en opregte inhoud te hê.

Sluit elke Maandag oggend by Wanda Bam aan op Radiokansel 657AM en Radio Kaapse Kansel 729AM vir LEEF.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM