Kom ons help KZN!

Burgerlike onluste in Suid-Afrika het KwaZulu Natal die hardste getref. Radiokansel het besluit om KwaZulu Natal te help deur in eenheid te staan saam met gemeenskappe om te herbou wat afgebreek is.

Ons staan in vennootskap met Harvesters Ministries wat noodsaaklike hulp aan KwaZulu Natal gaan verleen deur om brood-nodige produkte soos kos, baba formule, doeke en seep na die area te neem. Indien jy enige produkte wil bydra, gaan na harvestersministries.com vir meer inligting.

Ons het alreeds ‘n oorweldigende positiewe reaksie van die gemeenskap ontvang. Ons kan nie genoeg dankie sĂȘ aan elkeen wat sover ‘n bydrae gemaak het nie.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM