Ontmoet Radiokansel se nuwe hoof uitvoerende beampte

Ds. Karel Verhoef, voorheen bedryfshoof van Radiokansel 657AM, is op 1 Oktober 2020 aangestel as die nuwe uitvoerende hoof van die Christelike radiostasie.

Karel Verhoef is egter nie onbekend aan jou nie. Hy werk reeds 25 jaar by Radiokansel en het uitgebreide kennis van die stasie se werksaamhede. Hy is boonop ‘n bevestigde predikant in die NG Kerk.

Onder sy leierskap is ‘n nuwe visie- en missieverklaring opgestel wat soos volg op 1 Julie 2021 van krag geword het:

Radiokansel se Visie

Om ‘n betroubare en relevante mediamaatskappy te wees wat mense aanmoedig en inspireer om ‘n betekenisvolle verhouding met Jesus Christus te hĂȘ.

Missie

Radiokansel is ‘n onafhanklike, veeltalige, multikulturele en interkerklike mediamaatskappy wat die Evangelie van Jesus Christus verkondig.

As vining-aanpasbare mediamaatskappy in die digitale era produseer en saai Radiokansel radioprogramme uit, ondersteun deur publikasies en digitale, sosiale, en elektroniese media.

Radiokansel werk saam met geloofwaardige organisasies om beradings-, sending-, jeug- en gemeenskapsontwikkelingsinisitiewe te ondersteun.

Die maatskappy is ‘n verantwoordelike korporatiewe burger van Suid-Afrika en betroubare vennoot teenoor sy donateure.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM