RRA, Radiokansel Vennootskap

Written by on 2 Dec 2020

RRA (Finansiële Dienste Verskaffer) groei teen geweldige spoed in Suid-Afrika. Radiokansel het hul hande gevat om ‘n unieke vennootskap te vorm wat die onmoontlike vir ons luisteraars moontlik kan maak en ‘n toekoms kan bou wat beter is as vandag.

Bou ‘n toekoms beter as vandag

RRA is in Oktober 2019 gestig toe die maatskappy 100% eienaarskap van ‘n 20-jarige insolvente begrafnisonderneming oorgeneem het. Die plan was om die onderneming te red en effektief te bestuur. RRA het vinnig besef waarom begrafnisondernemings sukkel.

Die werk om dinge ten goede te verander, ten bate van alle begrafnisondernemings, het met erns begin. Dit is presies een jaar later, en RRA het nie net daardie insolvente begrafnisonderneming gered nie, maar dit in ‘n rotsvaste en volhoubare finansiële diensteverskaffer ontwikkel.

Ons poog om rykdom te skep en deel.

RRA

Die hoofdoel is om meer besighede te red, en dié te help wat hulself in soortgelyke posisies bevind. Die effektiwiteit van die RRA-sakemodel is onlangs bewys toe sommige ondernemings (insluitend RRA-mededingers) gedurende die COVID-19 grendeltyd gesluit het. In kontras daarmee was, en is, RRA steeds besig om bedrywighede uit te brei en takke in Gauteng, Vrystaat, Noordwes, Noord-Kaap, Wes-Kaap en Oos-Kaap te vestig. Die hoofdoel is om na al nege provinsies van Suid-Afrika uit te brei.

Wat hierdie vennootskap vir jou kan beteken

(RRA Financial Services is ‘n gelisensieerde verskaffer van finansiële dienste. Bepalings en voorwaardes geld.)

  • Ongelooflike lae premies as dit by begrafnispolisse kom.
  • Die wagtydperk is slegs 2 maande en almal vanaf 16 jaar kan gedek word.
  • Geen maksimum ouderdomsperking nie.
  • As jy vir ‘n RRA-begrafnispolis via Radiokansel registreer, betaal jy slegs die helfte van jou maandelikse premies vir die eerste twee maande.
  • Geen betaalstrokies nodig nie.
  • Geen bankstate is nodig vir goedkeuring nie.

Verder kan jy ‘n gratis polis wen wat weekliks aan een van die luisteraars toegeken word nadat hul polis goedgekeur is. Stuur ‘n SMS met die letters ‘RRA’ na 37871. Standaard tariewe geld. Jy kan ook gebruik maak van ons aanlyn aansoek.

Radiokansel het meer nuus oor ons vennootskap met RRA. Besoek ons Facebook-, Instagram– en Twitter-bladsye vir gereelde opdaterings. Sorg dat jy ook daagliks op 657AM op jou radio inskakel. Jy kan ook op DStv oudio-kanaal 882 en Open View kanaal 607 luister. Alternatiewelik kan jy ons gratis slimfoon toepassing vir Android en iPhones gebruik, of jy kan aanlyn luister.

Tagged as

Lees verder

Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM