180 Degrees

Geskeduleer op

Maandag 20:00 21:00

ONS DRAAI DINGE OM!

Tagged as ,

Daar is nooit 'n vervelige oomblik wanneer 180 Degrees op die lug is nie.











180 Degrees is ‘n jeugprogram op Radiokansel 657AM wat in 2018 op ons susterstasie, Radio Kaapse Kansel, as deel van I Am Youth Movement, bekend gestel is.

Luisteraars skakel in vir ‘n program gevul met musiek en gewilde onderhoude wat deur die talentvolle Zoë George en Luané Mclachlan aangebied word.

Die program bestaan uit verskillende segmente. Ons skop af met “What’s Down In Cape Town?” Hierdie segment bevat ‘n uiteensetting van verskillende gemeenskaps- en jeugbyeenkomste wat in die “Moederstad” en omliggende gebiede plaasvind. Dit word gevolg deur “The Groovy Movie” waartydens ‘n uittreksel uit ‘n film gespeel word. Luisteraars neem deel en probeer uitvind na watter film daar verwys word. Daar ook ‘n interaktiewe Bybel vasvra aangeleentheid wat luisteraars se Bybel kennis toets. Nog ‘n opwindende hoogtepunt van die program is die weeklikse “Happy Health Tip” wat aan luisteraars prettige maniere bring om na hulself en hul gesondheid te kyk, sonder dat dit soos ‘n berg voor jou lê.

180 Degrees bevat ook interessante onderhoude, voorbeelde sluit in:

  • Body positivity and fat phobia
  • Why conservation matters
  • Debt-free education
  • Black women in fashion

As jy ‘n program misgeloop het kan jy in ons potgooi afdeling daarna luister. Skakel in vir 180 Degrees op Radiokansel 657AM, 729AM, of luister op die I AM Web Radio.


Lees meer

Potgooi van vorige episodes


180 Degrees span

'n Regstudent met 'n liefde vir Jesus en musiek.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM