LEEF saam met Líomee Vosloo

Trots geborg deur Christian Literature Fund

Geskeduleer op

Maandag 09:00 11:00

Liggaam siel en gees, jou luisterfees

Tagged as , , , ,
Liggaam siel en gees, jou luisterfees!



Met trots geborg deur die Christelike Lektuurfonds.

Leef! word op beide Radiokansel en Radio Kaapse Kansel uitgesaai en neem luisteraars op ‘n reis van vreugdes, vieringe, ontberinge en oorwinnings, deur nie net relevante, werklike en opvoedkundige inhoud nie, maar ook inhoud wat eg en opreg is. Die belangrikste fokus is om die luisteraars deel te maak van die gesprekke en ervarings deur die inisiatiewe van die mans en vroue, wat sonder beloning werk, om sodoende ander se lewens te verryk. Die program bestaan uit inhoud met ‘n holistiese fokus: liggaam, siel en gees.

Met trots geborg deur die Christian Literature Fund.

Ons hanteer daagliks kwessies soos geestelike groei, opvoeding, alle aspekte van gesondheid, geestelike en fisiese gestremdhede, misdaad, ‘n bietjie glans uit die lewens van bekendes en mense wat lewens verander waar daar geen kollig is nie! Ons deel geestelike en vreugdevolle oomblikke met ons luisteraars via sosiale media. Dit bring die balans wat dit ‘n insiggewende, vermaaklike en goedvoel-program maak.

Jy kan ook inskakel vir LEEF! saam met Líomee Vosloo op ons susterstasie, Radio Kaapse Kansel 729AM.


Lees meer

LEEF saam met Líomee Vosloo span

Jammer, daar is nie iets op die oomblik nie.

Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM