LEEF saam met Wanda Bam

Trots geborg deur Christian Literature Fund

Geskeduleer op

Maandag 09:00 11:00

Liggaam siel en gees, jou luisterfees

Tagged as: , , , ,
Liggaam siel en gees, jou luisterfees!



Met trots geborg deur die Christelike Lektuurfonds.

LEEF met Wanda Bam word op Radiokansel sowel as Radio Kaapse Kansel uitgesaai.

Die program neem luisteraars op ‘n reis van vreugde, feesviering, swaarkry en oorwinnings. Dit word gedoen deur relevante, opvoedkundige, maar ook allerdaagse en opregte inhoud te hê. Een van die belangrikste aspekte van LEEF is om aanklank by luisteraars te vind. Wanda bereik dit deur gesprekke met gewone mense wat hulle lewens deel, en sodoende ander se lewens verryk. Die program bestaan uit inhoud met ‘n holistiese fokus, en daarvan die leuse:

Leef! Liggaam, siel en gees, jou luisterfees!

LEEF fokus op daaglikse kwessies, tipiese onderwerpe sluit in:

  • Ouerskap en “Gen Next.”
  • Depressie en isolasie tydens COVID-19.
  • Veiligheid Sake met Annalise Kempen.
  • Onderwys met Kona Brown.
  • Woord en Wêreld saam met Marno Retief.

Wanda deel ook graag oomblikke met luisteraars via sosiale media. LEEF bied insiggewend onderwerpe aan, maar daar is beslis tye van vermaak en “feel-good” oomblikke.

Afhangende van die gas word LEEF in Engels of Afrikaans aangebied. Vroeër vanjaar het Petula Januarie, ‘n benoeming as finalis in die 2020 Radio-toekennings ontvang as LEEF se Inhoud Produsent.

Skakel elke Maandagoggend in vir LEEF saam met met Wanda Bam op Radiokansel 657AM en Radio Kaapse Kansel 729AM.


Lees meer

LEEF saam met Wanda Bam span

Wanda se ervaring in die radiobedryf strek oor meer as twee dekades.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM