Openbaringsinsigte

Geskeduleer op

Sondag 12:00 12:30

ANKER JOU IN DIE WOORD VAN GOD

Tagged as: , ,
Kom deel saam in die hart van die Evangelie.

Rick Moser is jou gasheer vir Openbaringsinsigte, ‘n weeklikse Bybelstudieprogram op Radiokansel 657AM.

Die doel van die program is om gelowiges toe te rus, te dissipel en te inspireer. Rick glo dat openbaringsinsig uit die Woord van God mense anker in die waarheid van God se wil. Spreuke 29:18 noem dat sonder visie, sonder openbaringsinsig in wat God sê en doen, mense op die ou end hulle geluk vernietig. Hulle ontwrig ook die lewens van diegene rondom hulle.

Een van die belangrikste geskrifte vir Openbaringsinsigte is Rom. 1:16-17:

Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is ‘n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood. In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo. Dit is soos daar geskrywe staan: “Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe.”

Openbaringsinsigte op Radiokansel 657AM

Sedert hy in 2010 by Radiokansel aangesluit het, het Rick ‘n verskeidenheid onderwerpe gedek. Een van die mees gewildste was die reeks oor die probleem van pyn. Dit spreek die vraag aan, “Hoe kan ‘n God van Liefde toelaat dat mense ly?” Sy gesprekke oor die gelykenisse van Jesus was geweldig inspirerend. Dit ontsluit wat die Bybel sê oor die natuur van God, die krag van liefde en die openbaring van Christus dwarsdeur die Skrif.

Nog ‘n belangrike onderwerp is “Om ‘n Bybelse begrip te hê van wat die Evangelie is en doen”. Hoe dit ons benadering tot Evangelisasie, Dissipelskap en Kommunikasie vorm. Die Evangelie gee ons ook ‘n stewige fondament vir ‘n Christus-gesentreerde benadering om mense te help op hulle reis na heelheid.

Annie Crauwcamp is mede-gasheer van Openbaringsinsigte saam met Rick Moser elke Sondag tussen 12:00 -12.30 op Radiokansel 657AM. Sluit by hulle aan vir weeklikse gesprekke oor hoe om die Evangelie in ons daaglikse lewens uit te leef.

 


Lees meer

Openbaringsinsigte span

'n Pastoor, aanbiddingsleier en Bybelonderwyser.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM