Spectrum with Mpho

Geskeduleer op

Maandag 16:00 18:00
Vrydag 16:00 18:00

Jou wêreld nuus met 'n Bybelse perspektief

Tagged as: , ,
Moeilike vra met Koninkryk antwoorde.

Spectrum with Mpho is ‘n nuus- en aktualiteitsprogram op Radiokansel 657AM en Radio Kaapse Kansel 729AM aangebied deur Mpho Mokou.

Moeilike vrae waarop luisteraars antwoorde nodig het word hier gevra, of dit nou Christen, lewe of besigheidsverwante vrae is. Die program bied luisteraars ‘n wye spektrum van onderwerpe. Een so ‘n voorbeeld kyk na internasionale nuus deur die lens van Bybelse perspektief. Spectrum with Mpho pak ook werklike en huidige sake aan en het dikwels moeilike gesprekke wat gewoonlik vermy word. Bedryfskenners sluit aan en deel hul menings. Voorbeelde van gaste op die program sluit in die Hoofregter van Suid-Afrika, sowel as Uitvoerende hoofde van maatskappye, vakbondverteenwoordigers en die Sekretaris van die Raad van Kerke. Regs- en gesondheidskenners besoek ook gereeld die program.

Spectrum with Mpho het ten doel om die kerk- en sakesektor bymekaar te bring. Sodoende word luisteraars toegerus om ‘n impak en invloed op die ekonomie en hul werksplek te hê.

Op Ultimate Motivation Maandae praat ons met ‘n kenner oor gesondheidskwessies. In Koninkryk Wetgewing gee ‘n Christen regskenner raad. Die program het ook ‘n sterk fokus op gesprekke en moedig luisteraars aan om deel te neem. Ons hoor ook graag by luisteraars wat tans by hulle kerk gebeur. Op Familie Vrydag fokus ons daarop om luisteraars te bemagtig om sterk families te bou.

Behalwe jou normale dosis van nuus en werklikheid, sal jy ook musiek en vermaak beleef. Skakel in tydens Spectrum with Mpho op Radiokansel 657AM. Indien jy ‘n program misgeloop het kan jy dit in ons potgooi afdeling vind.

 


Lees meer

Potgooi van vorige episodes


Spectrum with Mpho span

'n Talentvolle aanbieder op Radiokansel, maar ook skrywer, MC en filantroop.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM