Visiothon Mei 2021

Die Visiothon-veldtog is een van ons grootste fondsinsamelingsveldtogte wat ons as Radiokansel en Radio Kaapse Kansel saam onderneem.

Gedurende die Mei 2021 Visiothon het ons luisteraars gevra om ons te ondersteun om VREESLOOS VORENTOE te gaan met ons boodskap van hoop. In Mei het ons egter nie geweet hoeveel hoop ons nodig gaan hê nie.

Suid-Afrikaners was in 2020 verenig in hulle gedeelde smart oor die koronavirus-pandemie se verwoesting. Die verlies aan geliefdes, werk, gesondheid en finansiële bestendigheid het baie mense beroof van hoop op ‘n beter toekoms. Toe kom die wydverspreide onluste in Julie wat nog ‘n laag hartseer en verlies neergelê het.

Vandag het ons dringend hoop nodig. Radiokansel en Radio Kaapse Kansel gaan VREESLOOS VORENTOE met ‘n boodskap van hoop terwyl ons die Goeie Nuus elke dag 24 uur lank uitsaai.

Ons Mei 2021 Visiothon was ‘n reuse sukses en ons wil uit ons hart dankie sê aan al ons luisteraars en ondersteuners vir hulle oorvloedige ondersteuning. God het in Sy genade weereens voorsien en ons juig in die Here met dankbare harte. Ons sal saam VREESLOOS VORENTOE gaan om hoop aan ons nasie te bring. Baie dankie dat jy by ons staan.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM