Damesoggend 2026

Casa Social da Madeira in Pretoria


Gebeurtenis inligting
Datum: 21 August 2026
Tyd: 08:30
Plek: Casa Social da Madeira in Pretoria
Besonderhede

Dames, 21 Augustus is júlle dag!

Kom kuier saam met Radiokansel by Casa Social da Madeira in Pretoria en vier vrouwees en vriendskap tydens ons spesiale Damesoggend.
Luister na ’n inspirerende boodskap van Jo Black. Geniet sy pragtige sang wat jou hart sal raak. Ons eie Jenna-Leigh Bilong hou die oggend aan die gang as MC.
Geniet ’n watertand 3-gang noen-ontbyt om die oggend perfek af te rond. Snuffel ook by verskeie stalletjies met unieke produkte.
Tyd: 08:30 vir 09:00
Koste: R375 per persoon
Besprekings: Kontak Letsie by 012 334 1284 of letsie@radiokansel.co.za
Jy kan ook hierdie vorm voltooi om te bespreek:

    Moenie uitmis nie — bring jou vriendinne saam en maak kosbare herinneringe!

    Current track

    Title

    Artist

    Background