Blog

Dit is weer dáárdie tyd van die jaar. Godly Revolution Jeugfees is volstoom terug op 14 Junie by Lewende Woord Hoofkampus in Brummeria, Pretoria. Bring al jou vriende en familie saam en geniet bekroonde kunstenaars en bands soos One Crown, C-Jay, DJ Maeztro, Arnold de Wet, Jaid River, en meer. Hierdie onvergeetlike ervaring het jaarliks […]

In die Bybel is daar verskeie verse wat die belangrikheid van sagmoedigheid, nederigheid en ootmoedigheid beklemtoon. Hierdie deugde roep ons op om ‘n vriendelike, vredeliewende en respekvolle houding teenoor ander mense te handhaaf, terwyl ons self nederig en leerbaar bly. Hierdie beginsels is van onskatbare waarde en bring vrede, vreugde en die guns van God. […]

Wanda Bam en haar dogters, Melissa Swart en Melinda Bam is vanjaar die sprekers en gaskunstenaars by die Radiokansel Damesoggend op 18 Augustus in Pretoria. Hulle kom deel hoe God getrou bly in onstuimige tye. Ons vind onself soms in seisoene waar ons nie kan verstaan hoekom ons is waar ons is nie. Ons vra […]

Ek was nog nooit iemand wat probeer het om aan ander se verwagtinge te voldoen nie, maar ek het hierdie drie vrae wat nou al ‘n rukkie swaar op my hart lê: Ek vind dat ek hierdie vrae oor en oor vra. Ek kon nie verstaan hoekom ek bekommerd was oor wat ander mense van […]

Ons lewe in tye waar daar druk van alle kante af kom, en dan voel dit soms of die bene wankel en die moed min raak. So hoe kan ons staande bly in moeilike tye? Psalm 35:2 gesels oor twee skilde; “Gryp die klein skild en die grote en staan op as my hulp,” waarom […]

Kan God met ‘n krom stok ‘n reguit hou slaan? Wat beteken hierdie stelling? Vir my, is dit ‘n mooi beskrywing van genade. Genade? Waar pas genade in hierdie prentjie? mag jy dalk vra. Wanneer ek aan my eie tekortkominge as ‘n ouer, as ‘n mamma, as ‘n onvolmaakte mens dink en hoe baie ek […]

Jy is reeds deel van ons radiofamilie, nou kan jy ook deel van ons YouTube-familie word. Jy hoor daagliks die bekende stemme, maar jy sien amper nooit die gesigte nie. Nou kan jy na van jou gunsteling Radiokansel-aanbieders op YouTube kyk! As jou daaglikse reisgenoot wil Radiokansel graag soveel moontlike platforms tot ons beskikking gebruik […]

Meeste mense sukkel op een of ander stadium met die vraag: is ek goed genoeg? Die wêreld het ‘n skewe prentjie vir die samelewing kom skets oor “goed genoeg”. Jy moet ‘n spesifieke tipe werks-posisie beklee, dan is jy goed genoeg. As jy ‘n duur motor bestuur is jy goed genoeg. Wanneer jou man of […]

Balans is so belangrik, ons moet seker maak dat ons nie só ingesteld is om te wen, dat ons lewensmoeg is voordat ons die wedloop voltooi het nie. Die skole het weer heropen en atletiek byeenkomste is aan die orde van die dag. Ons was onlangs by ‘n byeenkoms waar my twee van ons voorskoolse […]

Die verhaal van die weduwee in 1 Konings 17 sal enige moederhart aanraak. Elke keer openbaar dit iets nuuts aan my wat my aan die dink het, oor en oor maal die gedagtes in my kop oor hoe ek so ‘n situasie sou hanteer. In die middel van ‘n hewige droogte kom Elia by ’n […]


Current track

Title

Artist

Background