REGISTREER NOU VIR GRATIS AANLYNONDERNEMERSKAPOPLEIDING
Written by Brahm van Wyk on 15 April 2026
Begin jy ‘n besigheid, of wil jy dit graag โn stap verder vat? Dan is dit tyd om gratis vir die Pitch Your Business!-kompetisie in te skryf, aangebied deur Radiokansel en vennote.
Pitch Your Business!-kompetisie
Ons het onsself afgevra: Hoe kan ons mense help om suksesvolle ondernemers te word, nuwe werksgeleenthede in hul gemeenskappe te skep en ook tot positiewe ekonomiese groei by te dra? Dit het tot die ontstaan van die Pitch Your Business!-kompetisie gelei. Hierdie kompetisie vorm deel van ‘n ondernemerskap-opleidingsprogram vir voornemende, beginner- en kleinsake-ondernemers.
Met die Pitch Your Business!-kompetisie poog Radiokansel om deelnemers met die nodige inligting en vaardighede toe te rus om die waarskynlikheid te verhoog om volhoubare besighede te stig en te laat groei.
Bemarkingsblootstelling ter waarde van R1 miljoen in totaal
Die Radiostasie verskaf hoรซ gehalte aanlyn-opleiding deur hande te vat met die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en sy bhive Ondernemingsontwikkelingsentrum. Die Universiteit rus toekomstige ondernemers aanlyn toe met kennis oor hoe om die noodsaaklike basiese beginsels van ondernemerskap strategies toe te pas. Daarby is bemarkingsblootstelling ter waarde van R1 miljoen in totaal op Radiokansel, I AM Youth en TBN in Africa op die spel! Die wenner(s) ontvang ook deurslaggewende in-diepte mentorskap deur die Universiteit.
Almal welkom
Jy hoef nie alreeds โn besigheid te besit om deel te neem aan die kompetisie nie. Deelnemers van 18 jaar, en ouer, is welkom.
Registreer nou!
Registreer nou aanlyn: [KLIEK HIER]
Registrasies sluit op 1 Junie 2026 om middernag.ย
Vind meer inligting oor die Pitch Your Business!-kompetisie op www.radiokansel.co.za