Brandpunt met Wynand Rossouw

Geskeduleer op

Vrydag 06:30 07:00
Sondag 20:30 21:00

Kontroversiële kwessies met Christelike perspektief

Tagged as: ,
Bespreek kontroversiële kwessies vanuit 'n Christelike perspektief.

Die Woord vir Vandag Radiokansel

Met trosts gebord deur Die Woord vir Vandag.

In Brandpunt, op Radiokansel 657AM, fasiliteer Wynand Rossouw gesprekke oor omstrede alledaagse Christelike onderwerpe wat gelowiges raak.

Kenners bespreek kontroversiële kwessies uit verskillende oogpunte om luisteraars te help om ‘n ingeligte besluit oor die onderwerp van die dag te neem. Brandpunt weerspieël ook Wynand se passie om luisteraars met die suiwer Woord van God te bedien. Veral in ‘n wêreld waar die waarheid dikwels ongewild is.

Brandpunt poog om vrae te vra, antwoorde te verskaf en luisteraars te laat dink en ingelig te word. Gedurende Sy bediening op aarde, het Christus dikwels vrae gevra. So het individue oor sake begin besin om God se waarheid te ontdek.

Radiokansel is daartoe verbind om relevant te wees en dek dus hierdie kwessies in aangewese programme soos Brandpunt. Omstrede alledaagse onderwerpe is iets wat mense kan verdeel óf nader aan mekaar kan bring deur verskillende standpunte te verstaan. Dit is dus ‘n onderwerp wat Radiokansel met wysheid en versigtigheid benader. Die Woord van God, die Bybel, vorm die fondament van elke bespreking. Menings gebaseer op openbarings, drome, manifestasies en visioene moet in ooreenstemming met die Skrif wees.

Brandpunt met Wynand Rossouw – Onderwerpe

Brandpunt beoog om huidige omstrede onderwerpe aan te pak en sodoende Bybelse antwoorde te verskaf. Voorbeelde van sulke besprekings sluit in:

  • Die Internet, nasionale staatsgrendel en tieners.
  • Huishoudelike geweld tydens staatsgrendel.
  • Het God die Koronavirus gestuur?
  • Die Bybel en selfmoord.
  • Liefde is nie seks nie.
  • Suid-Afrika se nuwe seksualiteit skoolkurrikulum.
  • Hoe om profetiese manipulasie te sien.
  • Christene wat hulle geloof verwerp.
  • Hoe om bitterheid te hanteer.
  • Vryheid van godsdiens in Suid-Afrika.
  • Ons verantwoordelikheid as verteenwoordiger van Jesus Christus in hierdie wêreld.
  • Die erns en realiteit van die Hel.

As jy ‘n episode van Brandpunt met Wynand Rossouw misgeloop het, sal jy dit in ons potgooi afdeling vind. Ons moedig ook luisteraars aan om via ons Sosiale Media platforms aan die gesprekke deel te neem. Jy kan ook tydens Brandpunt ‘n WhatsApp stemnota na 082 657 2729 stuur.


Lees meer

Potgooi van vorige episodes


Brandpunt met Wynand Rossouw span

'n Geliefde stem op Radiokansel.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM