Perspektief

Geskeduleer op

Woensdag 11:00 12:00

Wat jy moet weet van wêreld gebeure

Tagged as , ,
Kry 'n Goddelike perspektief oor wêreldse kwessies.

Perspektief is ‘n aktualiteits program op Radiokansel 657AM, aangebied deur Jannie Pelser.

Weet jy wat gebeur in die wêreld rondom jou? Wat maak opskrifte en wat is die belangrikste onderwerpe? Hierdie program sal jou help om nie net ingelig te bly nie, maar ook om ‘n Bybelse mening oor hierdie kwessies te hê.

Perspektief fokus op huidige sake en aktualiteit in Suid-Afrika en regoor die wêreld. Dit neem besprekingspunte verder deur daarna te kyk deur die lens van die Skrif. Jannie pas sy kennis van die Woord en ervaring in die bediening toe om luisteraars met perspektief te voorsien.

Die doel is om Christene aan te moedig om nie net ‘n sterk mening oor die gebeure in hulle wêreld te hê nie, maar ook dapper genoeg te wees om hulle opinies uit te spreek. Die gaste is kundiges met ‘n rykdom van ervaring en kundigheid in verskeie velde. Hulle deel hul sienings en ontleding van byvoorbeeld politieke en maatskaplike kwessies. Deur oop, analitiese en insiggewende gesprekke word luisteraars toegerus om hul eie ingeligte besluite te neem.

Soos met alle ander programme op Radiokansel 657AM, sluit Perspektief ‘n sterk fondament van die Woord van God in en deel Jannie Bybelse waarhede met luisteraars. Indien jy ‘n program gemis het, kan jy dit vind in ons potgooi afdeling.


Lees meer

Potgooi van vorige episodes


Perspektief span

Jannie Pelser is 'n bekende gospelsanger, predikant & media-persoonlikheid.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM