Radio Pulpit Taxi Show

Geskeduleer op

Saterdag 09:00 09:30

DIE JONGSTE NUUS IN DIE TAXIBEDRYF

Tagged as: , ,
Nuus oor Suid Afrika se Taxi bedryf saam met 'n kenner op die gebied.

Mnr. Solly Msiza is jou aanbieder tydens die Radio Pulpit Taxi Show. Hy het uitgebreide kennis en ondervinding in Suid-Afrika se taxibedryf wat oor drie dekades strek.

Hierdie program bring aan jou die nuutste nuus in die taxibedryf. Ons deel insette deur diegene wat aktief betrokke is; of dit nou taxibestuurders, passasiers of bestuur is. Solly se boodskap aan Suid Afrika se taxibedryf kan soos volg opgesom word:

Kliëntediens is baie belangrik in sakeondernemings. Dinge is aan die verander, maak seker dat jy nie agter raak met tegnologie nie. Stel God eerste en wees lief vir sy mense, as passasiers, en behandel hulle met respek.

Hy verskaf kwaliteit inhoud, wat met inligting oor die taxi- en voertuigbedryf gevul is en die nuutste onderwerpe met betrekking tot vervoer word bespreek. Volgens Solly val die belangrikste kwessies wat in Suid-Afrika se Taxibedryf moet verander in hierdie twee kategorieë:

  1. Gebrek aan subsidie.
  2. Swak leierskap wat lei tot konflik en korrupsie.

Solly het die afgelope dekade baie van sy tyd daarin belê om ‘n verandering in die plaaslike taxibedryf te weeg te bring. Die Radio Pulpit Taxi Show is net een platform waar hy met sleutelpartye betrokke is om verandering te bepleit. As ‘n kind van God, moet die fondament vir verandering in die Skrif gewortel word. As ons dink aan die chaos wat in Suid-Afrika se Taxibedryf voorkom, lyk dit na ‘n onmoontlike visie. Solly herinner dikwels sy gaste en luisteraars van die belofte in Lukas 1:37:

Niks is vir God onmoontlik nie.

Hierdie program is nie net insiggewend nie, maar Solly bid ook vir taxibestuurders en passasiers. Met die Radio Pulpit Taxi Show beoog hy om hoop aan luisteraars te gee op pad na hul onderskeie bestemmings.


Lees meer

Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM