Solly Msiza


Solly Msiza shows

Radio Pulpit Taxi Show

DIE JONGSTE NUUS IN DIE TAXIBEDRYF

Radio Pulpit Taxi Show

Solly Msiza is die aanbieder van die Radio Pulpit Taxi Show op Radiokansel 657AM. Sy ervaring in Suid-Afrika se taxibedryf strek oor meer as drie dekades.

Hy het in die taxibedryf grootgeword en beskou homself steeds as ‘n taxibestuurder. Sy pa was ‘n taxi-eienaar en het die familiebesigheid se leisels na die dood van sy ouer broer aan Solly oorgegee. Hy het in 1984 as bestuurder by die taxibedryf aangesluit. Drie jaar later het die groter Brakpan-taxivereniging hom as sekretaris-generaal verkies. In dieselfde jaar het die Transvaalse TaxiVereniging, ‘n afiliaat van die Suid-Afrikaanse Swart Taxivereniging, hom as ‘n openbare betrekkingebeampte verkies.

In 1989 het hy by die sake-arm aangesluit. Onder leiding van Mnr. James Chapman het hy as Bemarkings- en Kommunikasiebeampte gedien. Een van die kernpunte van sy werk was om die stygende taxi-geweld in die taxibedryf regoor Suid Afrika te hanteer. Hy het ook ‘n belangrike rol in Sabta se ooreenkoms met Wesbank gespeel. Dit was die eerste bank wat ingestem het om ‘n taxivoertuig te finansier; die Nissan E20.

Solly Msiza sluit aan by Radiokansel 657AM

Sy loopbaan in die taxibedryf het tydelik tot stilstand gekom toe Sabta uitdagings ondergaan het wat uiteindelik tot die ineenstorting van die organisasie gelei het. Mnr Msiza kom tot bekering in 1979, en raak toe baie in die kerk betrokke. Hy ontvang in 1987 die roeping van die Here om ‘n pastoor te wees. Solly het in 1993 as besigheid ontwikkelingsbestuurder by Radiokansel aangesluit.

Toe die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (SANTACO) in 2001 gestig is, het hulle Solly genader om by hulle aan te sluit. Hy het die sake-arm genaamd Taxi Choice bestuur.

Tans werk Solly vir die CFAO Motors South Africa groep wat ook as die Unitrans Toyota groep bekend staan.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM