Deon en Karin du Toit
Deon en Karin du Toit is albei die uitvoerende hoof van Huweliksfokus. Hulle bied op Maandag oggende die program Verhoudingsdinge op Radiokansel aan. Dit is ‘n interdenominasionele organisasie met die visie: “Om huwelike in lyn te bring met God se plan.” Hulle is ook gekwalifiseerde huweliks- en gesinsberaders en beoefen dit voltyds. Deon en Karin gee onderrig by gemeentes om mense toe te rus om as huweliksmentors vir jong verloofde en getroude paartjies te dien. Hulle is motiveringsprekers en geniet dit om huweliksverrykingsnaweke aan te bied.
Hul unieke aanbiedingstyl maak hulle gesog op die gebied van huweliksvoorbereiding, huwelikseminare, huweliksberading, saamgestelde huwelike, ouer-kind verhoudings, kommunikasie en konflikhantering, finansiële beginsels volgens God se woord en mans- en vrouekampe.
Hulle is die afgelope 10 jaar gereelde gaste op verskeie programme op Radiokansel. Deon en Karin is Maandagoggende mede-aanbieders van hul program “Verhoudingsdinge met Deon en Karin“. Hulle glo dat God hulle die geleentheid gee om hul kennis en ervaring van verhoudings te deel. Hulle poog om die volgende geslagte vir Jesus Christus te beïnvloed.
Indien jy vir Deon en Karin met Verhoudingsdinge gemis het, kan jy weer na die potgooi hier luister.