Something Els

Geskeduleer op

Maandag 15:00 16:00
Dinsdag 15:00 16:00
Woensdag 15:00 16:00
Donderdag 15:00 16:00
Vrydag 15:00 16:00

ware, OUTENTIEKE RADIO

Tagged as: , , , ,
Eenvoud en styl ontmoet in Something Els.

Die Woord vir Vandag Radiokansel

Met trots geborg deur Die Woord vir Vandag.

Something Els met Johann Els is ‘n unieke program op Radiokansel 657AM. Soveel van sy sukses wentel om die aanbieder. Johann is ‘n staatmaker by die Kansel Media Groep en ‘n geliefde persoonlikheid tussen luisteraars sowel as sy kolegas.

Jy kan elke weeksmiddag van drie tot vier inskakel vir Something Els. Dit is een van ons koppel-uitsending programme, wat beteken dat jy op Radiokansel, sowel as op Radio Kaapse Kansel, kan luister. Radiokansel luisteraars kan hul radiofrekwensie van FM na AM oorskakel en Something Els op 657AM vind. Ons Radio Kaapse Kansel luisteraars kan op die 729AM frekwensie inskakel. Jy kan ook op DStv oudiokanaal 882, of Open View kanaal 607 luister. Jy kan graag op jou slimfoon luister deur ons gratis toep af te laai, beskikbaar op iPhones sowel as Android. Laastens kan jy ook die Luister Aanlyn knoppie op jou rekenaar, selfoon of tablet gebruik.

Johann het jare gelede aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Alhoewel hy jare gelede reeds die bediening as “predikant” verlaat het, verwys baie steeds liefdevol na hom as “dominee”. Hy is bekend vir sy humoristiese eerlikheid (veral terwyl hy op die lug is) en sy liefde vir musiek. ‘n Gevoel van egtheid deurdring alles wat hy op sy program sê en doen.

 


Lees meer

Something Els span

Ds Johann verkondig reeds vanaf 1985 die evangelie van Jesus Christus. 


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM