‘n Goeie stroom, ongeag jou internetspoed

Die internet is ‘n wonderlike plek waar jy meer kan doen as net video’s kyk; hier kry jy ook aanlyn toegang tot jou gunsteling Christelike radiostasie Radiokansel – jou daaglikse reisgenoot.

Om na die radio via die internet te luister, vereis geen duur toerusting aan jou kant nie. Al wat jy nodig het, is ‘n Wi-Fi-netwerk of enige stabiele internetverbinding. En natuurlik ‘n rekenaar, selfoon of tablet om van te stroom.

Radiokansel stroom 24/7 om te verseker dat elkeen wat ‘n honger vir oordenkings, Die Woord vir Vandag, aanbidding of die Goeie Nuus het, nie daarsonder hoef te gaan nie.

Hoe om aanlyn na Radiokansel te luister

Jy kan direk via www.radiokansel.co.za inskakel. As jy op ‘Luister’ kliek, sal jy die opsie kry om jou regstreekse stroomkwaliteit, op grond van die sterkte van jou internetverbinding, te kies.

Jy kan ook vanaf die Radiokansel-selfoontoepassing stroom, dit kan gratis op enige Android- of iOS-toestel afgelaai word. Laai die toepassing af via jou Google Play Store of iOS App Store vir gerieflike Christelike radio waar jy ookal gaan. Laastens kan jy direk vanaf iono.fm ook stroom.

‘n Stroom wat by jou internetspoed pas

Moenie dat stadige internet jou keer om in te skakel nie. Met Radiokansel se regstreekse aanlynstroom kan jy die kwaliteit van die stroomdiens kies.

  • Klik op die knoppie langs die luidspreker-ikoon
  • Dit is die knoppie met ‘n nommer daarop (die nommer is jou huidige stroomkwaliteit)
  • Jy kan kies tussen Hoog, Medium of Laag (laag gebruik die minste data)

Jy sal enige tyd, enige plek na ‘n duidelike uitsending kan luister met ‘n perfekte stroom, ongeag die spoed van jou internet. En as jou internetspoed optel of stadiger word, sal jy maklik jou stroomkwaliteit kan aanpas om aan jou behoeftes te voldoen – om ‘n probleemvrye stroom te verseker.

Met die datakoste in Suid-Afrika is dit nie altyd moontlik om teen die hoogste kapasiteit te stroom nie. Selfs as jou internetverbinding dit toelaat, beteken dit nie dat jy daardie stroomkwaliteit moet kies nie. Jy kan ook kies om die kwaliteit aan te pas na een wat die beste vir jou begroting is.

Geniet die beste aanlyn Christelike radio

Radiokansel is jou daaglikse reisgenoot, en ons is toegwy daaraan om te inspireer ‘n boodskap van hoop te deel wanneer jy dit ookal nodig het. Luister na jou gunsteling aanbiddingsliedjies, gewilde geselsprogramme en omroepers teen ‘n stroomkwaliteit wat vir jou werk.

Maak seker jy skakel daagliks in om die boodskap van die Evangelie te hoor, bly op hoogte van Die Woord vir Vandag, en luister na jou gunsteling aanlyn omroepers.



Current track

Title

Artist

Background