Tuesday Live

Geskeduleer op

Dinsdag 18:00 20:00

Versterk jou arsenaal van geloof in Christus

Tagged as ,
Delf saam in die verborgenheid van die Bybel.

Wil jy graag die program borg? Kontak asseblief gospel@radiokansel.co.za.

Thomson Mashakeni is jou Radiokansel 657AM gasheer vir Tuesday Live.

Gebed, wysheid, vrede en begrip van die Woord van God is net ‘n paar van die onderwerpe wat Thomson en sy gaste tydens Tuesday Live bespreek.

Luisteraars kan verwag om deur hierdie program met meer diepgaande kennis van die Bybel toegerus te word. Hier kan jy waardevolle lesse leer, en die arsenaal van geloof in Christus versterk. Ons geloof as gelowiges is gebaseer op ons sekerheid dat dit wat God sê waar is. Tuesday Live is dus die antwoord op Hoséa 4:6:

My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

Tuesday Live op Radiokansel 657AM met Thomson Mashakeni is daarop gemik om gelowiges se geloof in God te versterk en hul kennis oor Sy Woord uit te brei.

Deur eerlike en oop gesprekke, het die program ten doel om God se mense met waarheid toe te rus en in die verborge wysheid van die Bybel te delf. Dit is ons hoop dat die program gelowiges se lewens sal beïnvloed om die Evangelie van Jesus Christus te versprei.


Lees meer

Potgooi van vorige episodes

Jammer, daar is nie iets op die oomblik nie.

Tuesday Live aanbieder(s)


Current track

Title

Artist

Background