Ray Legodi


Ray Legodi shows

Emgangathweni

Ontsluit waarhede en ontleed teologiese neigings

Emgangathweni Ray Radiokansel 657AM

Wednesday Live

'n Dosis inspirasie en bemagtiging

Wednesday Live Radiokansel 657AM

Ray Legodi is ‘n bekende aanbieder by Radiokansel 657AM. Hy is ook ‘n fasiliteerder, joernalis, sosiale ontwikkelaar, strateeg, en pastoor.

Hy is passievol oor oop gesprekke, oor ‘n verskeidenheid onderwerpe, in die hoop om by die kern van dinge te kom en die waarheid te ontbloot. Van jongs af het hy belangstelling getoon om ‘n nuusaanbieder te wees. Ray het dus op  joernalistiek tydens sy studies gefokus.

Hy het ‘n graad in Kommunikasiekunde en het ook geskiedenis bestudeer. In 1992 het die SAUK Ray as radio-aanbieder en vervaardiger gewerf. Na ses jaar, het hy die roeping van God op sy lewe gevoel om Sy kerk te bou en die Koninkryk te bevorder. Ray het toe deeltyds begin werk om meer tyd te hê om die evangelie te versprei.

Ek was gretig om die evangelie te verkondig en die Naam van die Here aan die menigtes bekend te maak.

Ray Legodi – Radiokansel 657AM

In 1999 sluit hy by die Radiokansel familie aan. Dit was ook die jaar waarin hy met Audrey getroud is, wat ook ‘n groot passie vir die evangelie van Jesus Christus het, “Sy is die liefde van my lewe”, deel hy met vrymoedigheid. Hulle het twee pragtige dogters, Thato en Neo. As ‘n man en pa glo hy in die behoud van familie en gemeenskappe.

Die kommunikasiespesialis reis nou regoor die wêreld om te onderrig. Nie net is hy besig met studies oor kolonialiteit nie, maar besit ook ‘n mediamaatskappy. Hulle fokus op die vervaardiging van musiek en ander materiaal oor die evangelie van Jesus Christus. Hy het ‘n groot liefde vir musiek, televisie en film produksie. Saam met sy vrou bedien hy Ekangala Ministries and Development, wat onder meer help om bedienaars en hul bedienings te ontwikkel.

Skakel in saam met Ray Legodi op Radiokansel 657AM as aanbieder vir Emgangathweni (Back to Basics), Wednesday Live, en Intimate Moments.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM