Intimate Moments

Geskeduleer op

Maandag 22:00 23:30
Dinsdag 22:00 23:30
Woensdag 22:00 23:30
Donderdag 22:00 23:30
Vrydag 22:00 23:30

Waar verhoudings saak maak

Tagged as: , , ,
'n Intieme ruimte waar beide luisteraar & gas openlik gesels oor die lewe.

Intimate Moments op Radiokansel 657AM is ‘n insiggewende en geestelik opbouende laatnag program. Luisteraars skakel in vir die program se kwaliteit musiek en gesprekke.

Die program het ‘n sterk fokus op verhoudings. Die aanbieder, sowel as gaste, gesels oor onderwerpe wat daarop gemik is om ‘n intieme ruimte te skep. Dit is ‘n veilige spasie waar beide luisteraar en sprekers openlik dit waarmee hulle sukkel, sowel as oorwinnings, kan deel. Ons deel ook openbarings en wat God in ons lewens doen.

Intimate Moments – Radiokansel 657AM

Die fokus van elke program is kwessies naby aan baie mense se harte. Dit sluit onderwerpe in oor:

  • Verhoudingsadvies.
  • Oorwinning in teënspoed.
  • Hoe vind mens innerlike krag en inspirasie?
  • Beradingsadvies van ‘n span kundiges.
  • Die effek van COVID-19 op gesinne, werksgeleenthede en besighede.

1 Kor 13:3-8 is die middelpunt van Intimate Moments:

En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë — hulle sal tot niet gaan; of tale — hulle sal ophou; of kennis — dit sal tot niet gaan.”

Jou aanbieder vir Intimate Moments op Maandag en Dinsdag is Godfrey Moabi. Hy is ‘n vaardige kommunikeerder. Sy talent help om luisteraars nader aan God en medegelowiges te trek.

Ek glo dat vir verhoudings om te floreer, hulle gebou moet word op goeie kommunikasie, vertroue, liefde, respek en vergifnis.

Woensdag, Donderdag en Vrydag is dit die talentvolle Ray Legodi. Hy is ‘n fasiliteerder, joernalis, sosiale ontwikkelaar en strateeg. Jy kan ook in skakel vir Intimate Moments op ons susterstasie, Radio Kaapse Kansel.


Lees meer

Potgooi van vorige episodes


Intimate Moments span

Godfrey Moabi is al meer as 2 dekades deel van Radiokansel.

Omroeper, fasiliteerder, joernalis, sosiale ontwikkelaar, strateeg, en pastoor.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM