Thomson Mashakeni


Thomson Mashakeni shows

Tsa Matsha

Ontvang jou inspirasie vroeg in die oggend

Tsa Matsha Radiokansel 657AM

Tuesday Live

Versterk jou arsenaal van geloof in Christus

Tuesday Live Radiokansel 657am

Thomson Mashakeni is reeds sedert 1998 betrokke by Radiokansel 657AM. Sedertdien handhaaf hy die mandaat van die Kansel Media Groep deur sy programme, Tuesday Live en Tsa Matsha.

In 1986, op 19-jarige ouderdom, gee hy sy lewe aan Jesus Christus. Hy begin toe om sy roeping uit te leef. “My reis was aangenaam, alhoewel daar ‘n paar laagtepunte was”, sê die pa van twee seuns. Hy en sy vrou, Joyce, is met Thomson Junior en Bright geseën.

In sy jonger dae, wou Thomson ‘n onderwyser word. Hy het later Engels en Omgewingswetenskap by ‘n laerskool aangebied. Sy tweede liefde was altyd radio. Hy wou nog altyd deel wees van ‘n platform waar hy ‘n impak op mense se lewens kan maak. Die droom is later bewaarheid toe hy by die Radiokansel span as omroeper aangesluit het.

34 Jaar nadat hy wedergebore is, moedig hierdie gesinsman mense steeds aan met sy passie vir die Evangelie van Jesus Christus.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM