JOU VOORKEUR CHRISTEN RADIOSTASIE-TOEPASSING

Written by on 22 September 2020

Ons is besig om ons slimfoon toep op te dateer. Dit beteken dat jy tans mag sukkel om dit af te laai. Luister steeds na jou gunsteling programme! Kliek hier en luister direk na ons via ons webtuiste.

 

Die Radiokansel-toepassing bevat al die elemente wat jy nodig het vanaf jou voorkeur Christen radiostasie-toepassing, en boonop kan jy dit gratis aflaai. Het jy vandag ‘n vars woord van God nodig? Klik dan op die ikoon vir Die Woord vir Vandag dagstukkies. As jy ‘n program gemis het, blaai gerus deur die toegewyde potgooie-afdeling. Een van die sleutelfunksies van die Radiokansel-toepassing is ons Luister Regstreeks-knoppie. Dit bied kristalhelder klank met net die druk van ‘n knoppie!

Moenie uitstel nie; laai vandag jou voorkeur Christen radiostasie-toep af. Dit is in die Google Play Winkel en op die Apple App Store beskikbaar. Jy kan ook op hierdie skakel kliek om die toepsassing af te laai: https://radiopulpitapp.co.za/

Radiokansel – op jou vingerpunte

Vind jou gunsteling programme vinnig en maklik, ontdek Bybelse waarhede in ons daaglikse dagstukkies en laat ons verhale van hoop jou inspireer. Jy kan ons toepassing nou op hierdie nuwe platform aflaai, en dit is baie maklik om te gebruik. Vind jou gunsteling program, leer ons aanbieders beter ken, en soveel meer.

Die toepassing bring Jou daaglikse reisgenoot, met al die elemente wat jy liefhet, tot by jou vingerpunte. Ons inspireer jou en lewer elke dag ‘n boodskap van hoop.

Lees meer oor ons – Jou gunsteling Christen radiostasie.

Die voordele om die toepassing bo tradisionele radio te gebruik

Vandag beweeg al hoe meer mense weg van die tradisionele manier om na radio te luister. Die grootste rede vir hierdie beweging is omdat radio ‘n eenrigting-gesprek is, met geen opsie om met die omroeper agter die mikrofoon te kommunikeer nie. Hierdie toepassing help Radiokansel om ons visie te verwesenlik om ‘n betroubare en relevante mediastem te wees wat mense inspireer om ‘n betekenisvolle verhouding met Jesus Christus te hê.

Deur ons toepassing te gebruik, bring ons nader aan ons luisteraars, terwyl dit beter gehalte en meer platforms lewer waar ons die Goeie Nuus kan versprei. Naas ons webwerf, is dit die beste manier om alles wat jou daaglikse reisgenoot bied, te geniet.

Aangesien datakoste afneem, hoop ons dat meer van ons luisteraars die Radiokansel-toepassing sal gebruik.

Lees: Waarom jy jou besigheid op die Radiokansel aanlyn besigheidsgids moet plaas

Christen radiostasie-toepassing: Funksies sluit in

Die volgende lys bevat slegs enkele van die funksies wanneer jy die Radiokansel toep af laai

  • Luister na Radiokansel regstreek met die klik van ‘n knoppie.
  • Dagstukkies wat Die Woord vir Vandag insluit, geskryf deur Bob Gass.
  • ‘n Direkte skakel na al die nuutste potgooie.
  • Hoe om Radiokansel deur middel van verskillende kanale te kontak; dit sluit ons Facebook bladsy, Twitter, Instagram, e-posadres, telefoonnommer en ‘n deelknoppie, indien u ons kontak besonderhede met iemand wil deel.
  • ‘n Inbox vir enige kommunikasie wat spesifiek met u en Radiokansel verband hou.
  • ‘n Lys van die aanbieders wat u meer meedeel oor elkeen se lewe.
  • As u ‘n bydra wil maak om Radiokansel op die lug te hou, kan u gebruik maak van die “Donasie” knoppie wat verskillende opsies bied.

Dit is meer as radio; dit is ‘n manier van lewe! Radiokansel is jou 24/7 Christen radiostasie. Jou daaglikse reisgenoot stap saam met jou. Jy kan ons ook op iono.fm kry. Ons Engels sprekend luisteraars kan die toepassing vind hier.


Current track

Title

Artist

Background