Heart and Soul is ‘n Radiokansel program spesifiek vir diegene wat in die vroeë ure van die oggend wakker is. Sommige is wakker omdat hulle die nag skof werk, terwyl ander nie aan die slaap kan raak nie as gevolg van bekommernis en wanhoop.
Dit is ook die tyd wanneer Sam Buthelezi agter die mikrofoon inbeweeg. Hy hou jou met goeie musiek, en ‘n Woord van God, geselskap. Luisteraars skakel in vir Heart and Soul om bemoediging te ontvang en om saam met ‘n reisgenoot te wees wat vir hulle ‘n boodskap van hoop bring.
Of dit nou die aanbieder is wat self deel, of ‘n gas wat aan sluit by die gesprek, jy sal altyd ‘n goeie dosis van aanmoediging, openbaring en waarheid vind.
Die inhoud van elke program word op ‘n stuk vanuit die Bybel baseer. Luisteraars kan ook musiek verwag wat ‘n atmosfeer van aanbidding skep om jou dag met God te begin of te eindig.
Skakel in vir Heart and Soul Maandae tot Sondae op Radiokansel of op ons susterstasie, Radio Kaapse Kansel.