Inspirasie saam met Lynette Beer

Geskeduleer op

Donderdag 07:20 07:30

Kort, humoristiese en lewens veranderend

Tagged as ,
Skakel in vir jou weeklikse dosis van inspirasie.

Inspirasie saam met Lynette Beer is ‘n klein, maar kragtige potgooi op Radiokansel tydens Goeie Nuus Tyd en is een van ons luisteraar-hoogtepunte van die week.

Die reeks vorm deel van haar “Seeds of Inspiration” projek en het uit een van Lynette se ‘aha’ oomblikke ontstaan.

Die oomblik toe sy begryp dat elke woord wat ons spreek, die potensiaal het om een van twee sade te plant. Dit kan óf bemagtig óf uitroei.

Volgens Lynette is die alfa en omega van byna elke enkele menslike kwessie, verhoudings. Om persoonlik tevrede te wees, en om professioneel suksesvol te wees, moet jy eers ‘n gesonde verhouding met jouself hê, en tweedens, simbiotiese verhoudings met ander ontwikkel.

Voorbeelde van onderwerpe:

  • Waarop jy fokus, bepaal jou perspektief
  • Die God wat deure toe maak
  • Wanneer alles te veel raak
  • Gesonde waardes as ‘n kompas vir opvoeding
  • Wie het inspraak in jou lewe?
  • Verheug jou in ander se sukses
  • Hierdie sal ook verbygaan
  • Bereken die koste van konflik

Skakel in vir jou weeklikse dosis van inspirasie op jou gunsteling Christen Radiostasie saam met Lynette Beer, Donderdae op Radiokansel. Dit is vyf minute van lewensveranderende woorde. Vir daaglikse inspirasie lees ons dagstukkie, Die Woord vir Vandag; sielskos, vars uit die Woord elke oggend. Jy kan ook na ons potgooie luister op iono.fm.


Lees meer

Potgooi van vorige episodes


Current track

Title

Artist

Background